Polisie stuit rowers

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Vyf mense is Vrydag in Grabouw in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man beroof het nadat hy geld by ʼn bank getrek het.

“Die verdagtes se twee motors, ʼn Mercedes Benz en ʼn Mazda, het voor die bank in Pineview gestaan,” het kons. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Die polisie het die beweging van die verdagtes dopgehou en gesien hulle gryp die 36-jarige slagoffer.”

Die verdagtes het in die motors gespring en weggejaag. Die polisie het hulle agternagesit en die verdagtes en polisie het op mekaar geskiet. “Die verdagtes is kort daarna in Ou Kaapseweg van die pad afgetrek,” het Rwexana bygevoeg.

Die vyf persone, tussen 20 en 35 jaar oud is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens en ʼn onbekende hoeveelheid kontant.

Die mans sal na verwagting binnekort in die Grabouw-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lindie Lourens ·

Mooi so! Op heterdaad betrap.Vonnis net. Waarom eers geld mors op rompslomp en kans gee om storietjies uit te dink?

Carol Bezuidenhout ·

Ek hoop die polisie het hierdie keer reg te werk gegaan met bewyse ens dat die hof nie weer die saak van die rol skrap nie, oor slordige polisie werk nie. Dit het al hoeveel keer gebeur. N mens wonder soms of dit opsetlik gedoen word. Die polisie is so korrup deesdae n mens weet nie wie jy kan vertrou nie. Dit is gevaarlik vir n vrou om af te trek van die pad af as sy gestop word deur die metro polisie. Een van hulle het gedreig om n drie jarige kind the skiet en in n ander geval is die vrou aangerand.

scalla ·

die polisie moet maar met die bank se betrokke kassier ook praat, inside information.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.