Polisie stuit transitorooftog

Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het Saterdagoggend ʼn beplande transitorooftog gestuit nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die gemeenskap in Mokopane (Potgietersrus) het die polisie ingelig van die beplande rooftog en die verskillende eenhede van die polisie het die vermeende rowers net buite die dorp voorgekeer.

“Ons het ʼn wit Ford Ranger-voertuig afgetrek en in die proses het ʼn skietgeveg tussen die verdagtes en die polisie ontstaan. Twee van die verdagtes is doodgeskiet en een is ernstig gewond,” het Ngoepe gesê. Hy het gesê twee ander verdagtes was ongedeerd en is in hegtenis geneem.

Die verdagtes wat doodgeskiet en gewond is, is almal tussen die ouderdomme van 26 en 44 jaar oud. Hulle is reeds geïdentifiseer, het Ngoepe gesê. “Daar is ook op ʼn R5-geweer, twee 9 mm-pistole en die Ford Ranger, wat in Westernburg buite Polokwane gekaap is, beslag gelê.” Hy het gesê die polisie ondersoek nog waar die vuurwapens vandaan kom.

Twee van die verdagtes sal Maandag in die Mokopane-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes gelukgewens met hul vinnige optrede om die verdagtes vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pc Kemp ·

Baie goeie werk manne. Trots op julle. Dit is hoe dit gedoen moet word

Natasha Brittz ·

Hierdie roof was 150m van my Kantoor af gewees glad nie buite die dorp soos die Berig se nie. Drie rowers is dood geskiet en 2 ernstig Gewond. Trots op al die polisie lede en die manne van SBV julle verdien Elkeen n Bells.

Mariné Lourens ·

Dagsê Natasha

Dankie vir jou kommentaar. Die inligting in die berig is soos ons dit van die betrokke polisiewoordvoerder ontvang het.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Elna ·

Daar was 2 rooftogte in Mokopane Saterdag oggend. Die een by die inkopie kompleks, die ander een was bo genoemde. Goeie werk Sapd. In alby gevalle is die rowers vasgetrek!

Ada ·

Mooi Polisie .Trots op julle en is dankbaar dat julle niks oorgekom het nie.

Barnard ·

Die persoon wie se voertuig gekaap was is seker so bly om sy voertuig op die foto te sien!!Ek is ook bly vir jou!

Cherokee ·

Miskien (bes moontlik) is die nommerplaat gepanelbeat, Barnard.

Klaradyn ·

Well done almal wat in hierdie optrede betrokke was. Net jammer die ander 2 het lewendig daarvan afgekom. Moeg dat ons geld vir misdadigers kos op hulle tafel sit.

JJ ·

Die Skiet gevag was 300m van ons werks winkel af en ek my self het gesien 3 is dood en 2 is in hegtinis geneem.. Ek was op die toneel na die geskietery en wat die berg sê is no 100% waar nie.. maar well done aan die polisie

Elna ·

Daar was 2 rooftogte. Een by Choppies en een net buite die dorp.

Reg ·

Los die kommentaar. Wees dankbaar hulle is gestop.
Wel gedaan manne en vroue betrokke.

Cherokee ·

JJ, jy en Natasha bly in gevaarlike wêreld. Emigreer na Durban.

AL ·

Mooi so manne! Trots op jul! Ons kan nie waag om te gaan lê in die stryd teen sleg nie!
Julle is ons helde! In BLOU!

Anita ·

En toe ry hulle krim vriende in Kempton en roof n transito wa op die R24 snelweg naby O R Tambo… Maar grluk manne met die poging. Darem n paar krims minder.

skorra ·

Baie interessant dat die oorsprong van die wapens ondersoek word… Watter instansie gebruik R5 gewere en 9mm pistole as amptelike wapens??

PMB ·

Goed gedaan SAP. Hou so aan en maak ons land skoon van die kriminele elemente.

Dankbaar ·

Dankbaar vir tip off, Polisie& almal wat dit verhoed het, al die lewens wat gespaar is in hierdie proses. So trots op Sapd, well done, treetjie vir treetjie sal jul hul uitroei. Dankbaar ook dat Sapd geen lewensverlies in so gevaarlike situasie gehad nie!

ertjie ·

Elke liewe foto wat ek al van die rowers se wapens gesien het bevat aanvalsgewere van ons polisie of weermag, ak’s van wie-weet-waar of pistole van sjinese herkoms. In alle gevalle is die oorsprong van die wapens uiters verdag. Die toeval is veels te groot vir net blote “polisie nalatigheid” waarin hulle wapens verloor of gesteel is. Die wapens word voorsien. Ek dink nie dit is meer n geheim dat daar staatsbetrokkenheid in hierdie tipe misdade is nie, dit was immers die modus operandi van organisasies soos die pac. Die vraag is net, waarvoor gaan die befondsing…?

Rabes ·

‘n Gekommofleerde aanvalsgeweer in neon groen maak my dag. Hoe dom kan jy wees? Ek vra maar net.

Christa ·

Drie hoeras aan die GEMEENSKAP omdat hulle die polisie ingelig het!!!

Christa ·

Drie hoeras aan die GEMEENSKAP omdat hulle die polisie ingelig het!!! So sal hulle geleidelik van die krimenele ontslae raak!!

Frik ·

Ertjie stem saam met jou. Wie sit eindlik agter die geld vervoer voertuie se rooftogte. Met die korupte regering wat ons het kan jy net dink. Staats kaste se geld is nie meer genoeg nie. Puik uitvoering van jul pligte SAP, trots op julle. Beter om rowers permanent uit die samelewing te verwyder, gaan op borg uit en doen net weer dieselfde.

Pringles ·

Dink net hoe opgewonde is Fikile. Nou kan hy spog en die eer vat.

Hennie ·

Die publiek is duidelik siek en sat vir misdaad. Ook goed dat die kriminele dit agterkom. Wonderlik dat hulle doodgeskiet word en nie verder kan vernietig nie!

Steve Stephansen ·

Kan ons daardie polisiemanne hier in Gauteng kry asb. Gister is ‘n voertuig op die hi-way naby die OR Tambo lughawe opgeblaas, geroof en later die middag weer ‘n kaping en een onskuldige persoon dood. Hierdie rowers nog steeds op vrye voet, wat heel verdag vir my klink. Kyk maar uit vir manne met ‘n Ferrari of Lamborgini in julle area, dis die rowers wat ons soek.

Pork Chop ·

Pragtig. Dis lekker om dit te lees. Kom SAPS. Help die boere op die plase ook. Dis tyd. Mooi gedoen. Gee ons mense in blou die gereedskap vir die taak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.