Polisie trek groep vermeende transitorowers vas

Foto: Twitter via @SAPoliceService.

Die polisie se taktiesereaksiespan in Mahikeng het Vrydagoggend nege verdagtes in hegtenis geneem wat glo ʼn transitorooftog beplan het.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die nasionale polisiekommissaris, het in ʼn verklaring gesê die span het reageer op inligting dat ʼn groep mense by ʼn huis in Riviera Park in Mahikeng, Noordwes, bymekaarkom om ʼn rooftog te beplan.

“Terwyl hulle by die huis besig was om ses verdagtes in hegtenis te neem het vier ander opgedaag. Hulle het die polisie se teenwoordigheid gewaar en toe van die toneel gevlug. Daar was gevolglik ʼn hoëspoed-jaagtog,” het Naidoo gesê.

Naidoo het gesê die polisie het skote op die verdagtes se motor afgevuur wat dit tot stilstand gedwing het. Drie verdagtes is in hegtenis geneem terwyl die vierde daarin kon slaag om te ontsnap.

Die polisie het beslag gelê op ses vuurwapens, waaronder een AK47-aanvalsgeweer, handwapens en ʼn Uzi, ammunisie en vier luukse voertuie, waaronder ʼn swart Jeep, ʼn Audi Q5, ʼn Mercedes-Benz ML en ʼn Ford Ranger-bakkie.

Naidoo het gesê dit is ʼn groot deurbraak – veral uit ʼn proaktiewe oogpunt. Sake van sameswering om te roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde motors word ondersoek.

“Intussen sal die vuurwapens vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit in die pleeg van enige ander misdrywe gebruik is,” het Naidoo afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AW ·

“Cars are critical. In the classic heist, two vehicles are used to box in the cash van and a third to ram it. These cars will be stalen or hijacked by the team – or otherwise ordered and bought from hijacking gangs.
The favourite cars are BMWs, Mercedes – Benz and Audis. The cars must be strong and reliable, and faster than the ones used by the police, in case there is a chase.
One offender said the Mercedes – Benz C63 AMG was the absolute top choice for a getaway car. Heisters call it ‘imoto etshonthsi mali’ (the car that steals monet) because of the speed and ecceleration. The ramming vehicle must have cutting-edge security features to reduce the risk of injury to the driver when he crashes into the cash van; airbags are critical.
The ramming vehicle is abandoned on the scene, while the other two cars are used to ferry the gang away from the scene.
The fourth kind of car is the ‘off – ramp’ vehicle. It will be waiting about 2 kilometres away, ussually at an off – ramp that allows easy access to a free – flowing highway.” (Page 102 & 103)

(Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered by Anneliese Burgess -2018)

Jerry ·

Mooi SAPD, “prevention is better than cure” het goed inslag gevind in hierdie geval. Dit sal nou alles afhang van die staatsaanklaer of geregtigheid sal seevier of nie!

Hoc est bellum ·

AW se aanhaling uit A. Burgess se boek is baie interessant en relevant. Dit wil voorkom of hierdie rooftogte met militêre presisie beplan en uitgevoer word. Dis nie sommer gewone kriminele nie. Wie is die baasbrein agter al dié beplanning? Iemand wat toegang tot baie vertroulike inligting het? Iemand wat konneksies “hoër op” het? Iemand wat onaantasbaar is? Iemand wat jou maklik kan laat “uitvat” en dis nie vir ‘n ete Spur toe nie.

Andre ·

Gevang maar nog nie gevonnis nie. Nou is die volgende uitdaging ons Howe.

Donderstorm ·

Kan sien hul het opleiding as mens kyk na die magesuine wat aanmekaar “getape” is vir vinnige taktiese herlaai lyk soos n R6 of R7 aanvals geweer handwapens lyk ook soos wel ja.

Jack ·

Dit is ń Dashprot 223 wat daardie tyd deur D S guns versprei is. Goedkoop maar nie goed nie. Daai een pistool lyk net soos 9mm bareta. Polisie het dit voor die z88 gebruik. Die geroeste AK sal heel moontlik sonder probleme werk.

Alida ·

Vergoed die fluitjieblasers maar moenie altyd dieselfde een gebruik nie.

Shoprite ·

Ek dink die rowers was deur shoprite se pamflet geinspereer lees n bietjie daar op die tafel langs die selfone.

Johan ·

poliesie doen julle werk goed ons is moeg vir trantsietorooftogte mooi so

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.