Polisie trek slinkse ‘dwelmhandelaar’ vas

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vermeende dwelmhandelaar se slinkse plan om dwelms te versteek, is Vrydagoggend gefnuik toe die polisie se honde-eenheid ingeroep is.

Die man is in Randfontein, wes van Johannesburg, in hegtenis geneem, nadat dwelms in sy voertuig gevind is. Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die 26-jarige man se voertuig is gedurende ʼn roetine stop-en-soek-operasie afgetrek. “Hy het twee pakkies dwelms, vermoedelike CAT, in sy besit gehad,” het sy gesê.

Nadat polisiebeamptes die dwelms aan hom gevind het, is die polisie se honde-eenheid ingeroep om die motor deeglik te deursoek. “Nog 41 pakkies dwelms is in die stuurwiel van die motor gevind. Die geraamde waarde van die dwelms waarop daar beslag gelê is, is R10 000,” het Ernst gesê.

Die polisie is daarna na die man se huis, waar dit aan die lig gekom het dat hy dwelms vanaf die perseel verkoop, aangesien verpakkingsmateriaal en ʼn aansienlike bedrag kontant in sy kamer gekry is.

Die man sal binnekort in die Randfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van dwelms en dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

geen simpatie met hom nie , want hy is n moordenaar . Straf hom dienooreenkomstig .

dries ·

Mooi oubaas se honne, laat die skelms sit sommer vir baie lank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.