Polisie trek ‘stropers’ na jaagtog vas

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Drie mans is Saterdag deur lede van die Limpopo-polisie se eenheid vir bedreigde spesies in die Makhado-gebied in hegtenis geneem, nadat hulle na bewering probeer het om ʼn renosterhoring te verkoop.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die eenheid het inligting ontvang dat die horing verkoop gaan word. Die beamptes het die inligting opgevolg en die betrokke motor buite Louis Trichardt opgemerk.

Volgens Mojapelo het die verdagtes in die motor besef hulle word agtervolg en weggejaag. Hulle het ʼn voorwerp by die motorvenster uitgegooi. “Een van die polisievoertuie het stilgehou en die voorwerp gaan haal, terwyl die ander polisievoertuig die verdagtes agternagesit het. Drie verdagtes is op die Vivo-pad buite Louis Trichardt in hegtenis geneem,” het hy gesê.

Mojapelo het gesê die voorwerp wat uit die motor gegooi is, was ʼn renosterhoring. Die horing hou vermoedelik verband met ʼn stropingsvoorval in die Witpoort-gebied vroeër vandeesweek, toe ʼn renosterkoei en haar kalf geskiet en onthoring is. Forensiese toetse sal gedoen word om die oorsprong van die horing te bevestig

“Twee Suid-Afrikaanse broers, in hul vyftigs, is onder die verdagtes en die derde verdagte is ʼn 41-jarige Zimbabwiër,” het Mojapelo gesê. Hy het gesê die polisie stel ondersoek in om te bepaal of die drie met nog stropingsvoorvalle verbind kan word. Die polisie het ook op die verdagtes se voertuig beslag gelê.

Die verdagtes sal more in die Makhado-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige jag van bedreigde spesies en onwettige besit van renosterhoring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Skybird ·

Stem saam, Dom gewees vir vinnige paar $$, om as “runners ” optetree! Maar hul het geslaag om die aandag op hul te hou, terwyl diè groot sindikaat ń ander roete volg! ! Baie werkloses word misbruik deur dié Groot onbekende Base.

Kwaad ·

Nee hierdie was nie deel van n sindiikaat hulle was op hulle eie al baie jare daarmee besig so bly hulle is eindelik gevang vir n derde keer hoop hulle straf gaan swaarder wees hierdie keer

Wessie ·

Skybird verseker weet jy niks van ondersoeke nie. Hierdie is die begin van baie verdagtes se einde. Mooi so goeie werk gedoen.

Skybird ·

Wessie, ek het kommentaar gelewer op vorige berug, wat nou verwyder is. Glo ek is lank genoeg oppi been om die terme “ondersoek ” te verstaan ! Weet jy hoe werk sindikate ? duidelik nie !!

Wessie ·

Skybird verseker weet jy nie hoe werk ondersoek nie. Hierdie is die begin van baie skelms se einde ou vrind. Glo my, hulle gaan nou soos vlieë val. Mooi so …..

Skybird ·

Stem , of jy in Sindikaat werk of as Runner of Solo, crime bly crime! Dis goeie werk gelewer, inligting sal uitkom om meer skuldiges te arresteer

Chris Ws ·

Knap gedaan SAP!Hulle het hul voertuig gekonfiskeer – hoekom?As ‘n spoedvraat vasgetrek word word sy voertuig NIE gekonfiskeer nie maar hy het die potensiaal om onskuldige MENSE te vermoor met sy wapen op wiele maar renoster stropers maak net ‘n dier dood en hul voertuig word wel gekonfiskeer?Hoe werk dit??My brein verstaan daai een nie so mooi nie!

Elizma ·

Jou opbrengs uit misdaad word gevat deur die staat. Huise…meubels…ens.

rbee ·

Voertuig word gehou vir forensiese toetse. Bewys dat renoster horing in die voertuig was. Forensiese toetse as die voertuig gebruik was tydens stroping. Daar mag selfs renoster hare op sitplek ensovoorts gevind word.
Het jy al in hof gehoor van exhibit 1 2 and 3. It is an object collected from the scene of crime. Ek hoop jy verstaan nou

Ida ·

Renosters is nie ‘net’ n dier nie dis n bedreigde spesie. As ek n sê gehad het sou die doodstraf gekry het.

Chris Ws ·

“rbee” ek het nie ‘n argument met hoe die staat soek vir bewyse nie.Ek is darem al 45 jaar terug deur matriek,maar ek bly by my standpunt oor spoedvrate.Hulle is ook kriminele.

poot ·

Chris Ws
Die beginsel is eenvoudig. Die voertuig was gebruik in ‘n misdaad.
Die verkeerswet is ‘n sogenaamde “bylaw”. Alhoewel dit ‘n oortreding is om die spoedgrens te oorskry, is dit nie Bylae misdryf nie.
Maar ja ek saam met jou……vir erge verkeers oortredings kan die voertuig op beslag gelê word.

anton ·

JJ……..Waar moet hulle die doodstraf kry? Dit bestaan mos nie in S.A nie.
Volg jy nie die wette van die land nie?

Johann ·

Ons mag kyk na die kleur van die mense, maar ons mag dit nie hardop sê nie, dis taboe.

Jan ·

As jy dit wil doen, sê; ‘die een met die donkerbruin broek aan, of die ou mer die blou broek aan’, jeans sal ook werk.

skorra ·

Ek staan skaam-verslae – skaam oor wat ek op foto sien en verslae dat mense met meer as een breinsel werklik so iets kan doen…

lokasievark ·

Julle drie sal goed lyk in my boog se sights….net jammer dat jul die lyding sal vryspring wat jul aan die pragtige diere doen.

jaco ·

Moenie die wit man op die foto te vinnig veroordeel nie. Dis eerder ‘n skande dat die gevolge van regstellende aksie, nl. GEEN werk vir wit mense, nou al wit mense dwing om deur misdaad aan die lewe te bly.

Thinus ·

jaco, wat jy ookal rook op sondae middae, is nie goed vir jou nie. Verseker het jy nie gedink voordat jy daai nonsens kwytgeraak het nie

MissDemeanor ·

Jaco, as jou redenasie vir jou lei tot die gevolgtrekking dat wit mans misdaad pleeg omdat daar geen werk vir hulle is nie. Dan lei daardie selfde logika jou seker ook tot die gevolgtrekking dat die misdaad wat deur swart mans gepleeg word ook as gevolg van ‘n tekort aan werk is? Die beskuldigde wit mans hier lyk vir my oud genoeg dat ek aflei dat hul nog in die ou bedeleng e tyd skool gegaan het. Hul opvoeding is dus seker heelwat beter as die wat hul swart ewekniee gehad het. En heelwaarskynlik beter as die onderwys wat al die kinders in ons land deesdae kry. Dus is dit tog jammer dat hierdie ouens nie hul beter opvoeding gebruik het om vir hulself geleenthede te skep nie. As mens nie kan werk kry nie, en mens het toegang tot die regte hulpmiddels (gesonde verstand, banklenings en so aan), dan kan mens jou eie besigheid begin. Hierdie twee wit mans het vir hul ‘n besigheid begin wat onwettig is. Hul het besluit om te “poach”….dis lekker, want dan hoef hul ook nie belasting te betaal nie. Ek gee nie om wat hul verskoning is nie, maar hul kon iets anders gekies het as hul huidiglike “beroep”.

Jan ·

Ek het basies dieselfde gesê, maar ek het net die kleur van hul tone genoem, toe word dit afgehaal.

Hennie ·

Ons gee so baie om vir die bewaring van hierdie pragtige diere dan kom nuttelose slapgatte soos hierdie en skiet renosters dood net omdat hulle beskikbaar is.

Lance ·

So Jaco wat jy eintlik sê is dat selfs al die moorde ook geoorloof is omdat mense moontlik nie werk het en hulle maar ander se lewens kan neem …..huh verstaan ek jou reg ?

PMB ·

Geen verskoning wat ookal jy aan kan dink regverdig die sinnelose slagting van ons wilde diere nie insluitend ons renosters! Miskien moet n been van elk van hulle afgesny word en net so gelos word. Hierdie is pure geldgierigheid en moet uitgeroei word. Sies vir julle!!!!!

Pik ·

Sny hulle neuse af en los hulle in die veld sodat hulle dieselfde pyn kan voel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.