Polisie trek vier ‘gesoute’ rowers ná skietgeveg vas

Foto: Facebook.

Die polisie in Gauteng het Dinsdag vier mans in hegtenis geneem wat glo met die rooftogte in Johannesburg‑Suid verbind kan word.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die mans is op die hoek van die ou Vereeniging‑pad (R82) en Swartkoppiesweg naby Kibler Park vasgetrek.

Daar is ook beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens.

“Polisielede het spoedig op ʼn wenk reageer en die wit minibus met vier insittendes laat stilhou. Toe die polisie die voertuig nader, het die passasiers op die polisie losgebrand en die polisie het teruggeskiet,” lui die verklaring.

Al vier verdagtes is sonder enige beserings vasgetrek.

Geen polisiebeamptes is beseer nie.

“Voorlopige ondersoek het aangetoon dat een van die vuurwapens gesteel is tydens ʼn huisroof wat onlangs in Eikenhof op ʼn kleinhoewe plaasgevind het.”

Die polisie ondersoek nou of die verdagtes met enige ander misdrywe verbind kan word.

Die verdagtes sal binnekort in die Johannesburg‑landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en sameswering om roof te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jakes ·

Mooi so polisie. Daar is nog ware polisiemanne wat hul sout werd is. Welgedaan.

Hannetjie ·

Riaan en ander..hoekom moet daar nou juis verlies aan mense lewens wees?Hoewel dit skurke is, het hul beslis ook gesinne.En meer informasie kan mos by hulle gekry word wat die polisie kan help.

MS ·

Dankie, SAPS, dat julle hierdie skurke vas getrek het voor hulle weer kon toeslaan.

En nou? ·

Ook maar net omdat hulle ‘n wenk ontvang het! Yippie, awesome polisie!

Plekkie ·

Is daar darem nog ‘n plekkie vir ‘n muis iewers in ‘n tronk beskikbaar?

Theresa B ·

Môre is hul weer op straat……………………….

Alma ·

En dan doen hul dit weer e onskuldige mense kry seer. Doodstraf moet terug kom!!

Ben ·

Aan die SAP, ons as Publiek waardeer die eerlike, opregte insette en pogings van die mense in die mag. Mooi so SAPD.

GM ·

@En nou, die polisie is nie alwetend/alomteenwoordig nie. Gee hul maar die eer wat hul in dié geval toekom.

nico k ·

‘n Leemte in ons strafstelsel is dat daar net 2 strawwe bestaan. Tronkstraf of ‘n boete. Baie ryk mense steur hulle nie aan ‘n boete nie (dink maar aan verkeersoortredings), en geharde kriminele kry nie so swaar in die tronk nie. Strawwe moet meer by die oortreding pas en ek wonder partykeer of geweldadige oortredings nie gewelddadig gestaf behoort te word nie.

coen ·

Hoekom hulle gesigte weg steek wys hulle dat almal kan sien wie dit is

Lerato ·

Hulle moet eers in ‘n hof skuldig bewys word voor hulle foto’ s gewys mag word. Glo ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.