Polisie trek vier verdagtes vinnig vas

Argieffoto

Vier verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure in Welkom in die Vrystaat se sakesentrum vasgetrek ná ʼn klerewinkel in die omgewing beroof is.

Die verdagtes, tussen 24 en 41 jaar oud, het glo pas die klerewinkel beroof toe polisiebeamptes op patrollie in die omgewing inligting ontvang het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes in Mooistraat vier verdagte mans gewaar. Die verdagtes is voorgekeer en deursoek. Gesteelde goedere is gevolglik in hul besit gevind, het Thakeng gesê.

Verdere ondersoek het die polisiebeamptes na nóg gesteelde goedere oorkant Libertysentrum in die sakesentrum gelei. Gedurende dié ondersoek is beslag gelê op goedere ter waarde van R50 600.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

Ja ń mens is geneig om te vergeet dat daar ook nog baie goeie polisiemanne in die diens is vir wie jy jou hoed kan afhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.