Polisie van Oos-Kaap gaan Mandaryns leer

Mandaryns (Foto: asiasociety.org)

Mandaryns (Foto: asiasociety.org)

Die polisie in die Oos-Kaap leer van Dinsdag hoe om Mandaryns te praat in ʼn poging om die kommunikasiegaping te oorbrug wanneer beamptes Chinese gemeenskappe polisieer.

Kol. Thembisile Gweyi, provinsiale koördineerder van vaardigheidsontwikkeling, het Dinsdag tydens die bekendmaking van die veldtog in Oos-Londen gesê dit volg nadat polisieminister Nkosinathi Nhleko en sy eweknie in die Chinese polisie verlede jaar ʼn ooreenkoms bereik het.

Gweyi het gesê die projek sal nasionaal van stapel gestuur word, en KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap het reeds met opleiding begin, terwyl die polisiebeamptes in die Oos-Kaap Dinsdag hul eerste klasse sou bywoon.

“Altesaam 40 polisiebeamptes, uit die sektorpolisie-eenheide van 20 polisiestasies dwarsoor die Oos-Kaap, word tydens die eerste opleiding geleer hoe om Chinees te praat,” het hy gesê. Volgens hom sal die projek in twee fases plaasvind, en die eerste fase fokus op 10 polisiestasies van Oos-Londen en die voormalige Transkei-gebied. Die tweede fase sal dan op nog 10 stasies van Nelson Mandelabaai en omgewing fokus.

“As die bevolkingsdigtheid in ag geneem word, bly daar meer Chinese in die Oos-Londen-gebied, en daarom begin ons hier met die projek,” het Gweyi bygevoeg.

Die kursus duur voort tot 20 Oktober en die beamptes sal een keer per week, op ʼn Dinsdag, opleiding van ʼn tweetalige lid van die plaaslike Chinese gemeenskap opgelei word.

Bron: Derrick Spies, News24

Lees alle vorige berigte oor Mandaryns op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

In Rome maak jy soos die Romeine.
In Afrika maak jy soos die Chinese.
Hoe dan anders? Jy is mos nou vry en kan nou bakhand staan by iemand anders.
Die juk het net geskuif op die nek maar dieselfde osse sal nog steeds die trekwerk doen.
Indien nie, en dit is wat gaan gebeur, sal die trekosse vervang word.

Lindie Lourens ·

So hul gaan nou in China leer om Afrikaans te praat om die Suid-Afrikaners, wat daar woon, te kan “polisieer”. Belaglik verby! Wat nounog?

Gert van der Merwe ·

Die polisie in oos kaap kan dan nie eers afrikaans praat nie, hoekom wil hulle nog Chinees leer. Soos jy se seker om bakhand te staan en af te pers.

david ras ·

“wanneer beamptes Chinese gemeenskappe polisieer”……en as hulle Afrikaanse gemeenskappe polisieer ? Ekskuus, het vergeet , Afrikaanse gemeenskappe word NIE GEPOLISIEER NIE. Te veel moeite.

ig ·

Dalk moet die Chinese total die polisie oorvat want as hulle die wet toepas soos in China sal alle plaasmoordenaars ens doodstraf kry.

jacques ·

Haha dink nie hulle besef hoe moeilike taal daai is nie,die lot van ons sal dit nooit inderewigheid onder die knie kry nie.En om reg te skryf nog moeiliker daar is meer as 6000 simbole om te onthou.Die gaan nou net weer n geldmorsery wees.Toemaar as China oorvat hier sal die crime darm geweldig afkom,darm een troos daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.