Polisie verbly kinderharte

Die polisie het self 200 etes vir kinders van KwaNobuhle berei. Foto: SAPD

Lede van die polisie se eenheid vir misdaadvoorkoming het op Kersdag gesorg vir ʼn glimlag op 200 kindergesiggies in KwaNobuhle by Uitenhage.

Polisiebeamptes het Dinsdag vroeër as gewoonlik vir werk aangemeld sodat hulle tyd kon hê om ʼn Kersete te kook en partytjiepakkies vir sowat 200 kinders gereed te kry.

Die projek is moontlik gemaak deur skenkings van plaaslike sakelui en kontantbydraes uit lede van die misdaadvoorkomingseenheid se sak.

“As ʼn ouer is dit vir my altyd hartsverblydend om ʼn breë glimlag te sien, veral wanneer dié glimlag ʼn kindergesig verhelder,” het lt.kol. Patrick Goeda, KwaNobuhle se waarnemende stasiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.