Polisie verloor 26 000 vuurwapens in 12 jaar

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in 12 jaar meer as 26 025 vuurwapens verloor.

“Tog gaan hulle voort met pogings om wetsgehoorsame burgers te ontwapen,” sê Ian Cameron, woordvoerder van #SafeCitizen. “Die polisie moet ophou om die skuld op iemand anders te pak en deur die feite in die gesig gestaar word.”

Tussen 2005 en 2017 (12 jaar) het die SAPD meer as 26 025 vuurwapens verloor wat aan beamptes uitgereik is – óf dat dit gesteel is óf dat hulle eenvoudig nie rekenskap kan gee van waar die vuurwapens is nie. Tussen 2005 en 2011 was dit 18 196 vuurwapens en tussen 2009 en 2014 was dit 7 829, het Cameron bygevoeg.

“Minister [Bheki] Cele se getalle aan die parlement in 2019 het byna 10 miljoen patrone ingesluit – waarvan meer as 3,2 miljoen patrone slegs in die Oos-Kaap verlore gegaan het. In 2018 het 500 000 patrone verdwyn.”

Cameron sê dié getalle sluit nie militêre vuurwapens in wat ook verdwyn het nie. “In 2011 het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aan die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gesê hy kan nie rekenskap gee oor 82 000 vuurwapens nie. Die departement van verdediging het gesê hy kan nie sê of die vuurwapens vermis word of gesteel is nie, omdat dit eenvoudig nie behoorlik geregistreer was nie,” het hy bygevoeg met ‘n verwysing na ‘n berig op EWN in Maart 2011.

Volgens Cameron kan die metropolisie ook by die onbekwaamheid betrek word. “Die Ekurhuleni-metro het byvoorbeeld aangemeld dat 700 vuurwapens vermis word en daar was onlangse getuienis in die Zondo-kommissie oor die Staatsekuriteitagentskap wat vuurwapens aan vriende gegee het.”

Cameron sê die SAPD het al jare lank die skuld op privaat eienaars gepak dat vuurwapens in kriminele se hande beland, terwyl hul eie beamptes ook aanspreeklik was om vuurwapens in misdadigers se hande te kry. “Buiten die kriminele gedrag om amnestie-vuurwapens aan onderwêreld-base te verkoop is dit duidelik dat die SAPD en ander amptelike instellings ook nie bekwaam is om hul eie vuurwapens te beheer nie.”

#SafeCitizen sal op 22 Junie ook deelneem aan die Demokratiese Alliansie se beraad om te benadruk hoe belangrik dit is dat die wysigingswetsontwerp in sy geheel geskrap moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Persheks Adri ·

Gaan nie gebeur nie ou hoed kan daaraan dink en daarvan vergeet!!!

Persheks Adri ·

Maar hoed wil ons ontwapen! Gaan nie gebeur nie! Julle verloor vuurwapens en ammunisie nie ons nie! 10 miljoen patrone? Ek’t nog nóóit 1 verloor nie!!! So dan is dit verkoop nie verloor nie patete

gpsa ·

Sal interessant wees om te weet hoeveel privaat wapens verloor was in dieselfde tydperk. Seker dit was heelwat minder.

Johan ·

Dit is 6 wapens per dag, elke dag, vir 12 jaar. Laat dit insink. Neem jou tyd…

Louis ·

Verloor se dinges. Hull verkoop dit aan die kriminele. SAP is vol vrot appels.

Boer ·

Dit is +- 5 wapens n dag oor 12 Jaar, Dan wil hulle ons wapens weg neem om ons self te kan verdedig. Ek dink kry julle die huis reg voor julle ons wapens wil weg neem.

Persheks Adri ·

82 000 wapens deur weermag verloor? Wie is die sondebokke hoed? Jy en jou kaders in die weermag natuurlik en metro polisie ook.

Dis nie iets wat jy verloor nie jy moet ten alle tye weet waar jou wapen/wapens is duh dis logies hoor hoed.

Chris dupreez ·

Beki Cele moet sy naam verander na Hans en sy van na Wors, dit is meer gepas

Maggies ·

Dan wonder hulle waar al die plaas moordenaars hulle wapens kry.

Objektief ·

Indien die weermagwapens saam met die polisiewapens oor 12 jaar bereken word is dit 24 wapens per dag. Hoeveel privaat vuurapens word verloor?.

En die groot vraag is: at het van al die ANC wapens wat die land ingesmokkel is gebeur? Daar is nog nooit verandwoording daarvoor gedoen nie.. Daar is aan my gese dit is verkoop vir bevondsing van die ANC. Waar kry hulle uitvoerpermitte? Miskien moet die opposisie vrae vra

gpsa ·

Hulle gebruik die belaglike voorstel om ons aandag af te trek van die verandering in die grondwet oor onteiening sonder vergoeding. Dit is nog lank nie verby nie.

Prit ·

Onteiening en ontwapening terselfdertyd, blote toeval, rerag. Elke dag lees ons van polisie wat persoonlik betrokke is met gewelds misdaad, 26000 wapens verloor ( en ek is seker daai syfers is gekook, dis entlik aansienlik meer) maar jy moet jou wapens van kant maak. Net in Afrika…

Kruidjie-roer-my-nie ·

Noudat jy dit noem…. dit maak nogal sin: hul wil hul eie comrades bewapen met die “verlore” wapens met opset. Dit is heel waarskynlik beplan. Ook dié plan van onteiening saam met ontwapening, hul wil ons heeltemal weerloos maak en dan als vat. Dink daaroor, álles pas inmekaar. Hierdie is ñ goed uitgewerkte plan met ñ tydspan van ñ paar jare, waar elke departement sy deel moet doen in die plan soos hul beplan het. Daar is ñ doelwit waarna alle departemente toe saamwerk. En hul kry dit reg.

Anoniem ·

Hul wil die wapens vir eie gewin gebruik. Jare gelede weet ek van 2 insidente wat plaasgevind het waar vuurwapens wat as bewys stukke in hofsake by die Polisie was as dienswapens gebruik was. Wil nie weet hoe dit nou gaan nie.

Nico ·

Hoe kan die SAPD die skuld op privaat wapen eienaars pak wat geen toegang het tot vuurwapens en ammunisie het nie. Die SAPD, die Weermag is te vrotsig om behoorlik register te hou van hul vurwapens en ammunisie.

Moedeloos ·

As ek die berig reg lees is hierdie getalle slegs wapens wat aan Beamptes uitgereik was (diens wapens) wat verlore is. Hoeveel vuurwapens wat deur burgerlikes ingehandig is, is ook weg?

Kathleen ·

Eish ! kan jy glo , verloor , wonder wie het hulle so slim geleer ? seker lekker geleef met al die geld wat hulle daarvoor ingepalm het .

Dup ·

Die Minister se geliefde gesegde is : “Of all the things I lost in life, I miss my mind the most”…….

Nie Verbaas ·

Hoe verloor jy n vuurwapen? Daar is n groot verskil tussen verloor en verkoop. Die weermag kan nie rekenskap gee vir verlies van 82000 vuurwapens nie? Hoeveel meer pateties kan die korrupte ANC nog wees? En belastingbetaler moet maar net aanhou betaal.

Mariana ·

En daardie vuurwapens is nou in kriminele se hande. Los ons wettige gelisensieerde wapens uit Cele, gaan soek die wat weggeraak het.

Nie Verbaas ·

ANC wys net weereens die vlak van hul bevoegdheid om te bestuur.

Andre ·

Ek dink verloor is definitief die verkeerde woord. Lyk vir my meer na onwettige wapen handel. Nog’n voorbeeld van’n mislukte regering !

Kathleen ·

hulle sê mos as jy iets wil flenters hê of wil laat wegraak laat dit in die verkeerde hande , die wapens wat weg geraak het was in die verkeerde hande .

Persheks Adri ·

Gun free se mense is seker hier om die af duime te gooi! Tsek julle ook!

Kruidjie-roer-my-nie ·

Ek sou graag wou hoor hoeveel polisie en militêre vuurwapens het weggeraak 1980 tot 1992?
Is daar iemand wat dít vir ons kan uitvind?

Persheks Adri ·

Duidelik nie Kokerboom! Die enigste patetiese plan wat hulle het is om ons te ontwapen en daai kite gaan nie vlieg nie!

john ·

Dit is n gemiddelde van 6 per dag waar mee moord en roof gepleeg word. Nou will hulle privaat vuurwapens verbied dalk beter om die polisie se vuurwapens te verbied dan is ons almal veiliger

Jack ·

Nou daar is die rede vir die mal beperking opnwettige vuurwapens. Daar word so baie misdaad gepleeg met wapens wat deur die polisie en weermag verloor of verkoop word. Die rede word
nou by die algemene publiek gesoek. Is daar statistiek wat bewys dat geregistreerde wapens vir misdaad verantwoordelik is en hoe korrek is dit indien wel. Maklik om stats te manupileer soos ons reeds weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.