Polisie ‘verloor’ 3 026 wapens

vuurwapens verloor

Die statistiek soos verskaf deur die SAPD.

 

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het sedert Januarie 2009 tot 30 Junie 2014 altesaam 3 026 polisiewapens as verlore aangemeld.

Dié syfers is deur AfriForum en die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) bekom nadat hulle op 19 Mei 2015 ’n PAIA-aansoek aan die Suid-Afrikaanse polisiediens se batebestuur-afdeling gestuur het.

AfriForum gaan die hof nader vir meer besonderhede oor die verlore en gesteelde polisievuurwapens, aangesien daar onder meer inligting oor kaliber en vuurwapensoort geweier word. Die polisie voer aan dat die bekendmaking van dié inligting tot die veroordeling van die land se beveiliging, sekuriteit en internasionale handeling kan lei.

“Ons is gereed om die hof te nader om meer besonderhede oor die verlore wapens te bekom,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê. “AfriForum is van mening dat die publiek die reg het om te weet watter soort vuurwapens staatsinstellings verloor. Die blootlegging van die inligting behoort nie nasionale sekuriteit te bedreig nie.”

Die aantal wapens wat per provinsie by die polisie se hoofkantoor as verlore aangemeld is:

KwaZulu-Natal: 1 073
Mpumalanga: 592
Oos-Kaap: 360
Gauteng: 352
Hoofkantoor: 254
Vrystaat: 151
Wes-Kaap: 86
Noord-kaap: 55
Limpopo: 53
Noordwes: 50

“Die staat tree al strenger op om wettige wapeneienaarskap te beperk, maar dié getalle wys egter dat belangrike staatsinstellings self nie beheer het oor wapens wat by hulle geregistreer is nie,” het Cameron bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Geen dissipline met wapens nie. Is die beamptes vervolg en onbevoeg verklaar? Al ons wettige verantwoordelike vuurwapen eienaars word ontwapen deur wetgewing. Dis absurd. Die staat moet beter beheer oor wapens toepas en vinnig ook.

Peet Schabort ·

Daardie 3026 vuurwapens is ‘weg’ in 2006 dae.
Net mooi 1½ vuurwapens elke dag.
Dit is sommer net blatante nalatigheid en onbevoegdheid om in diens van die SAPD te wees.
Daar is allerhande beperkings op die publiek.
Ook ek sal graag wil weet wat is die kaliber en hoeveel is outomaties en semi-outomaties.
Waar is hierdie vuurwapens nou ?
Die somer is hier en die verwarmers kan gebêre word en daar kan uit die snoesige kantore padgegee word om padblokkades te gaan hou. Ek is oortuig dat van die wapens gevind sal word.

Berhalet Beukes ·

Hulle “verloor” dit nie, hulle verkoop dit aan hulle bende pêlle. Net soos dwelms afgeneem word en weer deur hulle op straat gesit word vir hulle eie gewin.

Seookmanet ·

Nou wil hul harder op ons wettige wapen eienaars optree. Dis nie wettige vuurwapens wat gebruik word in rooftogte en moord nie. Los ons, sodat ons onself kan verdedig en ook in vrede Wettig Jag. Kry jul kluise weer vol met jul eie wapens.

Rina ·

Ek kan seker dink wat ek wil maar nie se wat ek wil nie. Hoe kom die wapens uit hul kluise uit in die eerste plek hul het sulke groot kluise. Die persoon of persone wat verantwoordelik is vir die kluis se sleutels moet aangekla word van diefstal en moord. Want dan het die persoon of persone die wapens en polisie klere aan die misdadigers verkoop. een en een maak nie drie nie dit maak twee. die polisie self sit agtr die deur met die kamstige wapens verloor kom aan wie verloor wapens uit ‘n kluis…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.