Polisie vermis massa wapens en ammunisie

(Argieffoto: SAPD, Facebook)

Polisiebeamptes het die afgelope boekjaar 505 vuurwapens verloor of as gesteel aangemeld en honderde duisende rondtes ammunisie wat aan die polisie uitgereik is, word vermis, sê die minister van polisie, genl. Bheki Cele.

Hy het geantwoord op ʼn parlementêre vraag deur dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Groenewald wou ook weet hoeveel van die wapens teruggevind is, hoeveel daarvan in misdade gebruik is en watter optrede daar teen skuldige polisielede was.

Cele het geantwoord dat 505 wapens in die afgelope boekjaar deur die polisie as gesteel of verlore aangemeld is. Hiervan is 43 tot dusver teruggevind. Dit is wel die laagste syfer vir verlore en gesteelde polisievuurwapens die afgelope vyf jaar. Die hoogste syfer van 785 verlore of gesteelde vuurwapens is in 2017/18 aangeteken.

In die afgelope boekjaar was die polisie die meeste vuurwapens kwyt in KwaZulu-Natal met 142, gevolg deur Gauteng met 101. Daarteenoor is net ses polisievuurwapens verloor of gesteel in die Noord-Kaap.

Skrikwekkend genoeg word meer as 550 000 rondtes ammunisie wat aan die polisie uitgereik is, vermis. Hiervan word meer as 433 000 rondtes vermis in Noordwes. Cele sê darem dit word ondersoek of die vorms in spesifiek Noordwes en die Oos-Kaap korrek ingevul is. Sowat 39 000 rondtes ammunisie is teruggevind.

In totaal is 41 van die vuurwapens wat verlede jaar deur die polisie verloor of by die polisie gesteel is, sedertdien in misdaad gebruik. In die vorige boekjaar is 26 lede van die polisie en 49 ander landsburgers suksesvol vervolg vir die steel van die polisie se wapens en ammunisie.

Cele het 18 veiligheidsmaatreëls aangekondig om die diefstal van vuurwapens en ammunisie te voorkom. Daaronder tel stafiekodes op elke vuurwapen, die aanbring van die polisie se embleem op elke vuurwapen, ʼn geïntegreerde ballistiese inligtingstelsel en gereelde oudits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Michael P ·

Nie in die volgende 10 jaar 20 jaar 50 jaar 100 jaar sal dit reg kom nie. Wat die vorige mense op gebou het oor 400 jaar breek hulle dit af in net 10 jaar

Frans Du Toit ·

Dit sal interessant wees om te weet wat die getalle is vir die res van die bevolking in die ooreenstemmende tydperk wat aangemeld is..

Johan ·

Daar word allerhande maatreëls aangekondig om die polisie se vuurwapens te identifiseer. Maar hulle het die belangrikste vergeet : deurlopende verantwoordbare toesig.

Ignatius ·

Die Polisie sal ons beskerm, want Denel sal aan hulle nuwe wapens en ammunisie verskaf ons is in veilige hande!!!!!

Lollie ·

Glad nie verbaas nie! As mens lees van al die korrupte polisielede wonder mens glad nie hoe so iets kan gebeur nie

Neels ·

Kan nie eers rekenskap gee van hulle eie vuurwapens nie dan wil Min Cele nog he ons moet ons vuurwapens inhandig . Benodig dit seker vir bende geweld , plaas aanvalle en om jag te maak op die vorige bedeling se sogenaamde bevoorregtes.

Anoniem ·

Alles net mooi beloftes om Jan Publiek te paai ! Ai tog !

Rm ·

Dink ons kan dit maal met 10 dan sal ons nader aan waarheid wees, maar dan wil hulle die wettige wapeneienaars ontwapen, hulle het nie eers n wapenregister nie, so ek glo nie hulle weet hoeveel wapens SAPD besit nie, daag minister uit om dit te ontken

Hannes ·

Wat verwag mens meer van gangsters in beheer van ‘n land se wet en orde

Deloris ·

Hannes Ek stem 100% saam…..ongelukkig kan mens nie op die SAP staatmaak ofvertroue nie… Die wat wel nog sy werk ernstig opneem… Kan jy op jou een hand tel…

Stefan Kruger ·

Sal nogal graag díe syfers vir die polisie, en die weermag voor 1994 wil sien.

Hettie ·

En het hy geantwoord oor wat van die skuldige amptenare geword het ? Seker net ‘n volgende wapen verskaf om weer te gaan verkwansel !

George in Bloem. ·

As daar 505 wapens vermis word behoort daar 505 sake reeds oop vir ondersoek te wees. (die 43 wat teruggevind is se sake moet ook eers goed ondersoek word)Elke vuurwapen het tog ‘n persoon wat daarvoor geteken het en dus daarvoor verantwoordelik is of hoe? Dis hierdie tipe slapgat houding en toesmeerdery en die alewige ge-cover vir hulle ANC tjommies wat hierdie onbevoegde korrupte ANC regering die bespotting maak wat hy tans is en wat maak dat hy GEEN geloofwaardigheid meer het nie.

LR ·

Ek wonder oor die woord ” vermis”. Ek vermoed baie van hierdie wapens is verkoop. Net hierdie week het 7 polisiemanne/ vroue van die goedere wat in Johannesburg gekonfiskeer is probeer terug vekoop aan die kriminele.
Daar sal erns gemaak moet word met die verwydering van die kriminele element in die polisie.

Poot ·

@LR
Ek beleef dit eerstehands. Lede word geskors (en ek praat van senior offisiere) oor bedrog en korrupsie aanklagte. Voor jy jou oë uitvee is hulle “terug op die job”. Hulle word beskerm deur hoog geplaastes en ministers. Eks 35jr in SAPS. Dis bitter moeilik om respek vir senior bestuur te hê. Dis nou maar jammer om dit te sê.

Gert van Wierdapark ·

Ek is bereid om telrame te skenk sodat daar beter con-trole by die stasies kan wees!!! He-he-he

SjN ·

Telrame gaan verkoop word aan skole want hul weet nie hoe dit werk nie.

Johanna Botha ·

Maar hulle ry die wettige eienaars oor elke dingetjie ! Dit terwyl hulle die grootste probleem is !

Willie ·

Jy is ???? % reg Johanna. Hulle gee die mense wat wettig hulle wapens gekoop het en als gedoen het om aan die gereg se kant te wees net probleme. Maar kyk wat doen hulle. Jy kan hulle nie vertrou nie. Kyk met die blouligte hulle trek jou af en bribe jou of jy is bang vir jou lewe. Nee wat ek bel liewers my buurman om my te help. Wat n skande vir DIE NUWE SUID AFRIKA. Dan vra hulle nog hoekom gaan die land nie in voorentoe nie.

Hanna Hoekom ·

505 Vuurwapens wat nou in kriminele hande geplaas is! En dit terwyl die gewone, wetsgehoorsame burger basies ontwapen word… Gelukkig hoef niemand in Suid-Afrika vir hul lewens te vrees nie (vlgs Lindiwe Sisulu). Suid-Afrikaners is mos “vredeliewende mense”!

Duppie ·

En dan wil hulle nog ontken dat daar nie ‘n staatsgreep beplan word nie. Word wakker Suid Afrika, wat is julle anders as die meeste lande noord van julle. Slaap rustig dapper helde!!!!

AndrewL ·

Gun Free South Africa se kommentaar is seker “No comment”.

Frans C ·

Die verlies aan vuurwapens en ammunisie is skrikwekkend en dui op totale gebrek aan beheer binne die polisie.Die SAP kan nie eers beheer oor die belangrike voorraad uitoefen maar wil steeds die publiek ontwapen.
‘n Wonder net hoe gaan dit in die weermag en ander.Geen wonder misdaad vier hoogty nie.

Herman Goosen ·

Maar hulle wil die publiek se wapengebruik aan bande lê terwyl hulleself nie eens hulle wapens kan oppas nie wat nog te praat van gebruik

Swartwolf ·

Wonder hoeveel is regtig verloor en hoeveel is verkoop ? As 40% van polisie mag kriminele rekords het ? Dis ‘n grap. Duidelik is SA ‘n kriminele staat. Vanaf die top politici tot by die polisie.

Michael P ·

Nou wonder mens hoekom is die misdaad syfer so hoog as die polisie nie eers hulle wapens kan op pas nie hoe moet hulle die publiek beskerm ???????????

AJ SMIT ·

Terselfdetyd poog Mnr Cele met alle mag om ons wettige wapen eienaars te ontwapen en kwesbaar te los, terwyl die POLISIE en WEERMAG hulle makkers van wapens voorsien om my en my gesin te kom moor! Geskiedenis is die meester leraar, in elke geval wanneer burgers ontwapen word, volg slegs aaklige nagevolge (Hitler, Stalin, Zedong ens). MOLON LABE!

Marius ·

“The only way to stop a bad guy with a gun is a good guy with a gun” – Donald Trump

marous ·

Wat se optrede was daar teen die skudiges ? Dit was die vraag hoed!

chrisjan ·

Nog ‘n saak vir AfriForum en Adv.Gerrie Nel.Kla die minister van polisie aan van growwe nalatigheid en pligsversuim want van daai 505 polisie wapens is bitter min skuldige polisiemanne nog vervolg.Laat net een wettige vuurwapen eienaar sy wapen vir SY eie vrou leen dan word hy EN sy aangekla onder wapen wet!Kla al daai polisie manne aan onder dieselfde wet asseblief.

Pieter ·

Wat gaan dit help hulle maak mos nes hulle wil hulle land ons belasting geld wys jou hoe dom is ons

Vonkprop ·

Hulle hoef gelukkig nie ver te soek nie. Meeste is seker in die JHB CBD. Of kyk op “Guntree”. Dalk word dit daar verkoop teen ‘n appel en ‘n ui.

koos ·

Cele se “maatreëls” is al vir 10 jaar in plek. Lede gooi wapens weg en kom skotvry weg daarmee.

Sam ·

Alle privaat eienaars van vuurwapens word krimineel vervolg wanneer hulle vuurwapens “verloor” of nalatig in verkeerde hande beland. Word die polisielede ook krimineel vervolg in die geval waar hulle wapens verloor? Ek dink dit hoort so. Dis hierdie wapens wat in verkeerde hande beland en ‘n gevaar is vir die samelewing. Nie die wapens van verantwoordelike privaat vuurwapeneienaars nie. So Cele, hou jou hande tuis en bepaal jou met hierdie tipe onbevoegdheid in jou eie geledere.

humor ·

Adam daar word so om en by 80,000 polisiemanne fisies vermis, want hulle is nie by hulle werk nie. Die res word ook vermis. Hulle is wel opdiens maar is nie so lekker by nie.

Pieter ·

As jy sleg is dan is jy sleg maar ek wat drie maande voor die vervaldatum aan soek gedoen hy vir my hernuwig het agt maande gewag vir my nuwe lisensie dit is ok die land is om van te kots

Donkerbril ·

Hoe verloor jy n R 6 geweer? Ek meen dit is n redelike groot geweer en jy dra hom of in jou hande of oor jou skouer. Jy sal weet as jy die ding nie by jou het nie. n Z88 pistool dra jy in n holster wat toe knip om die wapen in die holster te kan hou. Meskien suip jy aan diens of jy verkoop daardie wapen aan iemand omdat daardie wapen nog nie balisties getoets is nie en dus op geen register of rekord is nie. Ek wonder maar net.

ME van Zyl ·

Ek was 9 jaar getroud met n polisieman. Wanneer hy dronk by die huis aangekom het en ek gepleit het dat hy moet ophou drink, het hy sy dienswapen teen my seuntjie se kop gedruk en gedreig om hom te skiet. Hy het geweet dat ek dan sou begin soebat en verder stil sou bly. Daar was dae wat ek van hom gevlug het. Ek het in die grootste vrees vir hom geleef. Nadat ek van hom geskei is het hy my op n keer probeer skiet, maar die Hemelse Vader het dit verhoed. Ongeveer 20 jr later het hy homself dood gedrink.
Gelukkig is alle polisie nie so sleg nie.

Willie ·

Pieter ek wag al 3 jaar vir my lisensie ek is al moedeloos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.