Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê dit het onder hulle aandag gekom dat gemeenskapslede onder dwang geplaas word om nie Donderdag te gaan werk nie. Dit is glo ter ere van die gedenkdiens van Bozwana, wat Vrydag in sy motor in Pretoria doodgeskiet is.
Bozwana was voorheen ʼn kaptein in die polisie, maar het later die polisiemag verlaat en die sakewêreld betree. Sedert sy dood het talle bewerings aan die lig gekom van sy bedenklike betrokkenheid by provinsiale en plaaslike regeringstenders.
“Hierdie beroep op die gemeenskap is roekeloos,” het Ramaloko gesê “Ons is almal hartseer [oor Bozwana se afsterwe]. In dieselfde asem is daar geen rede hoekom dit nie ʼn gewone werksdag soos altyd behoort te wees nie.”
Hy het die gemeenskap gerusgestel dat die polisie in die provinsie sal verseker dat almal hul normale roetine Donderdag kan volg sonder enige vrees dat hulle beseer of benadeel sal word.
Genl.maj. Jacob Tsumane, die provinsiale polisiekommissaris, het sy medelye aan Bozwana se familie betuig.
nou wat maak hom so special ons het nie eers dag afgehad met Mandela se dood nie hallooo
Om te staak en nie werk toe te gaan nie bied nie werksgeleenthede nie. As hulle van die werk wegbly knou dit die ekonomie EN HULLE VERDIEN WAARSKYNLIK NIE GELD VIR DIE DAG NIE. Mens moet MOOI dink alvorens jy begin eise stel.