Polisie veroordeel gesinsgeweld, boendoegeregtigheid

Argieffoto

Limpopo se polisiekommissaris, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die voortdurende voorvalle van boendoegeregtigheid en gesinsgeweldverwante sterftes in sommige dele van die provinsie veroordeel.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo, sê die generaal se veroordeling is na aanleiding van ʼn voorval Saterdag in die Seshego-polisiëringsgebied by Polokwane.

“Na bewering het ʼn 30-jarige man sy vrou en hul eenjarige kind ernstig met ʼn skerp voorwerp aangerand en toe op die vlug geslaan.”

Inwoners wou die slagoffers vir mediese behandeling hospitaal toe neem, maar die vrou is op pad daarheen oorlede, terwyl die kind nog in die hospitaal van ernstige beserings herstel.

“Pleks van die polisie bel, het inwoners opgeruk en die verdagte gesoek tot hulle hom gekry het,” sê Ngoepe. “Hulle het hom met verskeie voorwerpe aangerand en om die lewe gebring.”

Die polisie is eindelik na die toneel ontbied. Tydens hul aanvanklike ondersoek het hulle met ʼn soektog begin na die mense wat vir die moord verantwoordelik was.

“Dis nie tans bekend wat daartoe gelei het dat die man die vrou en die kind [wreed aangerand] het nie, maar gesinsgeweld kan nie buite rekening gelaat word nie,” sê Ngoepe. “Twee sake van moord en pogings tot moord is aanhangig gemaak.”

Hy sê die verdagtes in die voorval van boendoegeregtigheid is nog onbekend en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Ledwaba raai inwoners aan om hulp by die plaaslike owerheid te kry wanneer hulle van gevalle van gesinsgeweld bewus is. Dit kan help keer dat dit sover gaan dat die slagoffers daarvan hul lewe verloor.

“Gemeenskapslede moet ook ophou met die neiging om die reg in eie hande te neem,” waarsku Ledwaba. “Ons sal nie huiwer om op te tree teen mense wat hulle aan sulke oortredings skuldig maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Ag rerig polisie di gemeenskap weet hoe om met di oortreders te werk. Diepolisie sou hy elk geval skotvry gekom het. Nou di kind ni meer n ma ni hulle dink hulle kan als reg maak met moord en doodslag. Lyk al hoe meer bloed hulle sien hoe meer spoor dit hulle aan om wreedaardig op te tree

Hannetjie ·

Ek praat nie boendoe-howe goed nie..maar inwoners in nedersettings word daagliks geteister deur mense wat inbreek by hul huise as hulle na hul werke is.Dit is dan ook so dat grootouers(bejaardes) na die kleiner kindertjies omsien wyl hul ouers by die werk is.In hierdie geval was dit gesinsgeweld…mense is ook sat daarvan dat beskuldigdes gewoonlik borg kry..en op die ou end..gebeur niks nie.

Liberalis ·

Liberale demokratiese brginsels eis dat gemeenskappe hulle moet oorlaat aan die genade van korrupte en vallende regsisteem en georganiseerde misdaad, dit is blykbaar die polities korrekte ding om te doen.

Hanna ·

STENIG MY MAAR BOENDOE GEREG IS AL UITWEG OM GEWELD IN DIE HOK TE SLAAN. Dis hoog tyd dat die “ware gereg” eenkant toe staan en dat mense vir hul self en hul medemens begin opstaan.

Spike ·

My genade, geweld veroordeel. In afrika werk dit so. As jy my kwaad maak, maak ek jou dood. Nog altyd so en so sal dit bly.

Jerry ·

Genl Ledwaba moet ophou om die gemeenskappe te dreig. Hy weet goed dat die SAPS nie teen gemeenskapslede optree nie, want dan sal hulle die hele gemeenskap moet arresteer. Gemeenskappe gaan oor na boendoegeregtigheid agv politieke opsweping of SAPD onbevoegdheid en versuim om op te tree. Boendoegeregtigheid word juis so uitgevoer dat elkeen die slagoffer met n klip gooi sodat almal aandadig is en daarom weet niemand in die gemeenskap ooit iets nie. Hulle het niks gesien nie en niks gehoor nie, daarom se hulle ook niks nie. Enige gemeenskapslid wat iets se sal self n slagoffer word van boendoegeweld. Gemeenskappe wie diesulke sakies deur boendoegeregtigheid uitsorteer en wat nie agv politieke opsweping is nie, dui daarop dat hulle alle vertroue in die SAPD en howe verloor het. Genl Ledwaba moet dus eerder sy werk doen en bevoegde SAPD lede in die gemeenskappe ontplooi wie diesulke sakies kan hanteer en wat vertroue by die mense inboesem! Ek bevraagteken Genl Ledwaba se eie bevoegdheid en is oortuig daarvan dat Genl Ledwaba net besig is met lippetaal en dat hy niks kan verander nie. Inteendeel, ek reken dat boendoegeregtigheid gaan uitbrei en dat dit aan die orde van die dag gaan word vir die meerderheid gemeenskappe in donker SA.

jakes ·

Boendoegeregtigheid is al wat gaan help in SA. Die howe se power uitdeel van vonnisse deesdae en die polisie se ongeloofwaardigheid doen niks om misdaad hok te slaan nie. Handig misdadigers oor aan die publiek en sal dit die belastingbetaler baie geld spaar asook die tronke wat oorbevolk is, se lading minder maak.

Landi ·

Aai Ledwaba, se jy met n korrupte owerheid en ondemokratiese beleide wat haat en appartheid aan wakker. Daar is nou nog n ouerlose baba. Hierdie gedrag gebeur net in Afrika se boendoes. Vra eerder wat die owerheid beter kan doen, sodat die mense nie so hopeloos met geen vertroue na owerhede kyk nie. Die kriminele nommer eerlikke, goeie mense by verre uit.

Lizelda ·

Nee, wat die gemeenskap is NIE verkeerd nie. Daardie man sal tog net borgtog kry en dan is hy weg. Die SAP is deesdae so deel vd misdadigers dat n mens geen vertroue id SAP het nie.

Dries ·

Di Regstelsel faal di mense in ons land! Of di man sou na arres borgtog gekry het, Of hy mag dalk (eendag) in “luuksheid” in n tronk leef, want misdadigers het meer regte as gewone burgers – insluitend di reg op lewe, na n moord!

Karolis ·

Ek dink ek kan ‘n boodskap aan Ledwaba terugstuur as volg:
Die inwoners/gemeenskapslede sal nie reg in eie hande neem indien die polisie hulle pligte stiptelik nakom nie.

Nel ·

Elke liewe vorm van geweld in ons land is die absolute ooraal van n baie swak regeringstelsel !! Geweld word goedgekeur deur ons regering en NIKS word daaraan gedoen nie. Ansoluut niks!!!!

Adriaan ·

Gaan le ‘n klag by die polisie dan sit jy 4 ure plus daar en kry ‘n onbevoegde amptenaar wat nie behoorlik die klagte verstaan nie en ook nie belangstel nie. Die klag is dan onvolledig en beteken niks teen ‘n opgeleide prokureur. Dan word die saak uitgegooi in die gesinshof.

Erika ·

Ek sal ook die poliesie moet verstaan hulle wil nou n gemors beskerm wat kinders seer maak srerkte Suid Afrika gaan net n beter plek sonder hom wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.