Polisie veroordeel ‘lafhartige’ brandstigting

Argieffoto ter illustrasie: Facebook.

Die Oos-Kaapse polisie het die brand waarin ʼn plaaslike politikus se huis in die slag gebly het, ten sterkste veroordeel.

Kapt. Khaya Tonjeni, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê onbekende brandstigters het Vrydag kort ná middernag ʼn plaaslike raadslid se huis op die nedersetting Msizazwe in die Mbizana- munisipale gebied aan die brand gesteek. Die polisiebestuur bestempel dié optrede as “lafhartig”.

Die nooddienste is na die toneel ontbied, waarna ʼn saak van brandstigting aanhangig gemaak is. Speurders van Mbizana stel ondersoek in, sê Tonjeni. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar ondersoekers werk hard daaraan om leidrade op te volg.”

Vriendskaplike maniere moet ondersoek word om geskille te besleg.

Die polisie doen ʼn beroep op enigeen met inligting wat hulle kan help om die verdagtes spoedig aan te keer om ao. Vuyani Geza by 082 387 3714 te bel.

“Ons kan nie toelaat dat mense mekaar se huise of eiendom aan die brand steek nie, ongeag meningsverskille of redes,” sê genl.maj. André Swart, waarnemende provinsiale polisiekommissaris.

“Vriendskaplike maniere moet ondersoek word om geskille te besleg, pleks daarvan dat mense hulle tot geweld, wetteloosheid en die vernietiging van eiendom wend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Antoinette ·

Stel vas van wie het hul opdrag gekry om dit te doen? Maklik en sluit hulle toe. Nie die locals nie.

HPV ·

Deur sulke dade te veroordeel is slegs nog ‘n paar nuttelose woorde! Daadwerklike optrede is nodig. Eerstens wetgewing wat huiseienaars die reg gee om hulself en hul eiendom te beskerm. Tweedens die lamsakkige en siek grondwet wat vir ons beding is te verander dat misdadigers se regte ingekort word en wetsgehoorsame burgers meer mag gee tot beskerming van lewe en eiendom.

Tsotsie ·

Lafhartig se mnr die polisieman
Amper giggel ek
Lyk my daaikant word n vuurhoutjies maklik getrek
Regtig ?

Hennie ·

Maar dis OK wanneer hulle klinieke en skole en hospitale en boere se plase en vele ander afbrand. Hoe siek kan ‘n nasie dan wees?

Jerry ·

Genl Swart, die mense wat jy hiervan praat sal slegs soos jy versoek verskille nie geweldadig besleg en wetsgehoorsaam optree, indien die SAPD meer professioneel en effektief raak en optree voordat n situasie hande uitruk. Die SAPD se modus operandi in die algemeen, blyk die toepassing van dubbele standaarde en slegs reaktiewe optrede te wees. N skare moet eers toegelaat word om te intimideer, skade aan te rig, te plunder en die slagoffers n duur les leer en te verneder, voordat die SAPD optree en dit, is om die minste te se, polities gedrewe en absurd dat n polisie diens nie A-polities is nie! Die SAPD moet nie eers optree en arrestasies uitvoer nadat mense toegelaat was om skade aan te rig nie. Die SAPD moet skares verdryf en uiteenjaag voordat skade aangerig word en sonder dat dit nodig moet wees dat enige persoon gearresteer hoef te word vir skade wat aangerig is. Daar bestaan wetgewing vir optrede teen geweldadige betogings, maar die wil om vinnig en effektief op te tree, dit is waar die probleem le. Ek sal dus niemand kwalik neem wat die SAPD kritiseer, as synde, polities, nie misdaadvoorkomend nie, onbekwaam, onbevoeg, onprofessioneel, kaderverrot en n blatante vermorsing van belastingbetalersgeld! Oor die algemeen is die SAPD n verleentheid! “Anyone who look at the crime and crime prevention scoreboard will agree that the SAPS, in general, is a disgrace”!

Leon ·

Ek stem met jou saam het al vele kere aan ons die plaaslike stasiekommisaris gese dat hulle net reaktief optree

Philip ·

Shame die polisie veroordeel die lafhartige daad maar plaasmoorde word nie. Dubbele standaarde gebasseer op kleur. Ek stop want stoot net my bloeddruk op.

Maljan ·

Ag asb genl maj, maar dis reg as hulle universiteite hospitale en trokke aan die brand ateek omdat hulle (gaap) onyevrede is om vir dienste te betaal?

Maljan ·

Maar dis maar reg as hulle uitlanders se winkels eers plunder dan brand, hospitale, universiteite, munisipale kantore en biblioteke, onskuldige paerye se trokke brand omdat hulle ontevrede is oor dienslewering waarvoor hulle nie btaal nie, omdat sie universiteir betaling eis van rekeninge wat hulle geweet het hulle moet betaal, dan is dit reg???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.