Polisie verskerp Vuwani-ondersoek

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Tien verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn in verband met openbare geweld in Vuwani, Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat hulle eers Dinsdag in die hof sal verskyn, ná gerugte dat hulle Vrydag in die hof sou verskyn.

Altesaam 21 persone is reeds in hegtenis geneem in verband met openbare geweld in die gebied ná meer as 20 skole afgebrand is.

“Dit wat in Vuwani gebeur het, het nog nie op enige ander plek in die wêreld gebeur nie,” het sy gesê. “Dit beteken dat ons ons pogings moet verskerp om behoorlike en intensiewe ondersoeke te doen om ʼn sterk saak te bou wat tot inhegtenisnemings en suksesvolle vervolging kan lei.”

Inwoners in die gebied het beweer hul word deur die polisie geteister en dat klopjagte deur die nag gehou word. “Die ondersoek is nie ʼn 8-tot-4-werk nie,” het Otto verduidelik. “Ondersoeke deur 24 uur per dag voort deur verskillende spanne. Indien enigiemand voel dat hulle geteister word, word hulle versoek om ʼn saak by die polisie of die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat aanhangig te maak.”

Otto doen ʼn beroep op die gemeenskap om met die polisie saam te werk om seker te maak dat daar nie onnodige spanning is nie.

Die gebied is geruk deur gewelddadige betogings in die gebied ná ʼn uitspraak deur die munisipale afbakeningsraad om Vuwani by die Malamulele-munisipaliteit in te sluit, en nie Makhado (Louis Trichardt) nie.

Intussen het die regering Vrydag gesê mobiele klaskamers sal volgende week in Vuwani afgelewer word. “Die aflewering van die mobiele klaskamers duur voort,” het die regering in ʼn verklaring bevestig. “Ons hoop dat die 76 mobiele klaskamers teen Maandag, 23 Mei, afgelewer sal wees.”

Die interministeriële komitee wat opgerig is om die situasie in die gebied te normaliseer, fokus daarop om leerlinge en onderwysers terug te kry in die skool.

Lees alle vorige berigte oor Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Des ·

En wat of wie gaan die misdadigers verhoed om die mobiele klaskamers ook af te brand?

Lance ·

Nou sklielik verskerp ons die ondersoek ….effe laat na my mening …dink eintlik dis pateties om aller minste te se.

Jana ·

Nee wat hulle gaan niks oorkom nie. Daar is mos genoeg blanke skole wat hulle kan vol maak en ook as hulle nie hulle sin kry nie afbrand. Vernietiging en afbrand bly nog altyd n beginsel by hulle om hul sin te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.