Polisie versoek om vinnig op te tree in Houtbaai

Alan Winde, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap

Alan Winde, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het ʼn beroep gedoen op die polisie om vinnig op te tree ná vier persone by ʼn nieamptelike taxistaanplek in Houtbaai in Kaapstad doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die skietery het Maandag plaasgevind.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat taxiverenigings hulself na geweld kan wend wanneer daar ʼn dispuut is. Ek veroordeel hierdie voorval ten sterkste. Daar is lewensverlies en die hele gemeenskap van Houtbaai is tot stilstand gedwing weens die geweld in die gebied,” het Winde gesê.

“Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Jula, moet geloof word dat daar vinnig ʼn groter polisieteenwoordigheid in die gebied ontplooi is. Ek versoek die beamptes wat die saak ondersoek om geen steen onaangeraak te laat in die soektog na dié oortreders nie. Ons inwoners moet veilig voel op ons paaie. Die SAPD moet ʼn sterk boodskap aan taxiverenigings stuur dat geweld nie geduld sal word nie.”

Winde moedig enigiemand aan wat inligting oor die oortreders het, om dit dadelik met die polisie te deel.

“Ek loof ook die minister van openbare werke en vervoer, Donald Grant, dat hy die bedryfslisensies van die twee betrokke taxiverenigings opgeskort het. Nou moet alle onwettige operateurs in ons provinsie aangekeer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sandy Botha ·

Was altyd onder die indruk die polisie moet ALTYD vinnig optree. Anyhoo ……..

willem Botha ·

Die polisie in SA tree net vinnig op as daar perlemoen betrokke is vir n rede natuurlik.

Moniteringseenheid ·

SAPD se naam moet verander na moniteringseenheid!

Pieter du plessis ·

Die sa polisie het verval na seker die slegste in die wêreld.

Rupert Ashford ·

Wes-Kaapse regering het die regte idee. Skort die vegtende taxi groepe se lisensies op. Laat sulke optrede hulle sakke raak. Gouste wat die eienaars dissipline sal begin toepas.

Koos ·

Dink jy ‘n lisensie of die terugtrekking sal hulle keer? Hulle moor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.