Polisie verwelkom swaar vonnisse vir plaas- en Corrie Sanders-moordenaars

Corrie Sanders

Corrie Sanders

Genl.maj. Jacob Tsumane, die waarnemende polisiekommissaris van Noordwes, het Donderdag die swaar vonnisse van twee veroordeelde moordenaars verwelkom.

“Samuel Mabena en Bismack Dick is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof gesamentlik tot 60 jaar tronkstraf gevonnis vir die aanval op die Oberholzer-egpaar op hul plaas in Brits op 5 September 2012,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Mauritz Oberholzer (63) is tydens die aanval doodgeskiet en sy 60-jarige vrou het die aanval oorleef.

Mabena en Dick het ʼn kluis met twee rewolwers en ʼn geweer gesteel.

Dick is op 17 September 2012 in hegtenis geneem en Mabena op 27 September 2012. Tydens Dick se inhegtenisneming het hy die oorledene se geweer in sy besit gehad.

Die ondersoek het ook bevind dat Mabena betrokke was by die bekende bokser Corrie Sanders se moord. Sanders is op 22 September 2012 tydens ʼn gewapende roof in Brits doodgeskiet.

“Die twee is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak met die doel om te roof, 15 jaar op aanklag van roof met verswarende omstandighede, lewenslange tronkstraf vir moord, vyf jaar vir die onwettige besit van ammunisie, vyf jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen,” het Ramaloko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sussa ·

Ek verstaan nie lekker nie: sommiges kry lewenslank vir moord, ander net 10 maande en word dan onder huis arres geplaas. Moord is moord, man, ongeag die rede daarvoor!

Paplepel ·

Smaak my altevol hierdie knape is oor 18 maande terug by die huis.
Die berigskrywer probeer dit laat goed lyk deur te sê hulle het “gesamentlik” 60 jaar gekry. In werklikheid het hulle 15 jaar gekry. Die 5 jaar vonisse gaan gesamentlik uitgedien word. Met al die politiek en oorvol tronke gaan die twee in alle waarskynlikheid ook net ‘n sesde van hulle vonnisse uitdien. 18 maande maks.

Se Maar Net ·

18 mnde Is ‘n baie lang tyd!!
10 mnde dan is hul vry!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.