Polisie verwelkom vonnis in mensehandelsaak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 51-jarige vrou is gevonnis nadat sy toestemming gegee het dat ʼn 65-jarige man omgang mag hê met haar 12-jarige dogter.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê die man en vrou is Donderdag in die Lady Frere-streekshof in die Oos-Kaap tot lewenslank plus vyf jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van verkragting en seksuele uitbuiting.

Die vrou se verweer dat sy haar kind aan die man vir ʼn onbekende bedrag verkoop het, was om haar alkoholverslawing te bevredig.

Die mensehandelsaak is in Augustus 2014 van die Queenstown eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming na die Valke oorgeplaas nadat die vrou in hegtenis geneem is. Die dogter was in daardie stadium 12 jaar oud.

Dit het tydens die ondersoek aan die lig gekom dat die seksuele uitbuiting van die minderjarige reeds ongeveer teen die einde van 2012 begin het, toe die dogter maar 10 jaar oud was.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het die uitspraak verwelkom, maar bygevoeg die vonnis sal nooit die trauma kan wegneem wat die meisie moes deurgaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie ·

Daardie arme meisie, het bàie hulp & genade nodig… Ek hoop dat sy gehelp kan word om dit, wat haar aangedoen is, te verwerk…

Eddie ·

Ja Sarie, en nou kan die ma se alkohol verslawing sommer in die tronk oorwaai.

ND ·

Sies dis walglik dat n ma so iets kan toelaat/laat doen aan haar eie vlees en bloed en dit vir haar eie gerief of drank in die hande te kry…..Baie bly oor die vonnis sy en daai man is vergoed uit die samelewing verwyder.

Rina Kotze ·

Sulke mense moet nie eers tronkstraf kry nie, maar permanent uit die samelewing verwyder word!!!

Geen vonnis ter wêreld gaan daai arme kind se onskuld en kindwees teruggee nie!

Wat gaan met die Ma’s deesdae aan? Of die kinders word vermoor, of hulle word met geboorte op asphope gelos?

Ons samelewing het regtig siek geraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.