Polisie vind dwelms ná wenk

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD/Verskaf

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD/Verskaf

Die polisie in die Wes-Kaap het op dwelms ter waarde van R9 miljoen beslag gelê ná ʼn wenk van die publiek.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die blitspatrollie het Vrydagoggend op ʼn sakeperseel in Voortrekkerweg in Maitland toegesak na hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het.

“Nadat daar toestemming gekry is om die perseel te deursoek, is daar op 63 plastieksakkies Mandrax-poeier, 18 sakkies tik en drie skale beslag gelê,” het Kinana gesê. ʼn 52-jarige man wat glo die bestuurder van die onderneming is, is in hegtenis geneem op aanklagte wat met dwelmhandel verband hou.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish! ·

In ons omgewing word grootskerm TV’s aanhoudend gesteel. Volgens die polisie is daar iets in die TV’s se binnegoed wat dwelms van gemaak word. Nou is my vraag, 1. Het mense daarvan geweet, 2. Hoekom so iets versprei, 3. Word dit in ander lande ook gedoen en gebruik? 4. Elke mens met ‘n platskerm tv, is in gevaar vir diefstal en moord en besef hul dit? Volgens wat ek verstaan baie verslawend wat eenkeer se gebruik en jy is glo geheel en al verslaaf. Weet nie wat word dit genome, maar word glo saam die bubbly gemors gerook.

lillian ·

Wel gedaan, nou vir die res van die hippo, want hierdie is net die oortjies wat uitsteek …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.