Polisie vind gekaapte voertuig oomblikke ná kaping

Argieffoto

Die polisie in Bolobedu buite Tzaneen in Limpopo het Maandagaand ʼn gekaapte voertuig gevind minder as een uur nadat dié kaping plaasgevind het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die bestuurder, sy meisie en sy jonger broer het met ʼn rooi Audi A3 gery toe hulle deur drie gewapende mans voorgekeer is.

Volgens Ngoepe het die mans daarop aangedring dat die bestuurder van die voertuig die sleutels aan hulle oorhandig waarna die kapers met die drie slagoffers in die motor weggejaag het.

“Die kapers het daarna op die Tzaneen- en Kgapane-pad stilgehou en die slagoffers beveel om uit die motor te klim. Hulle het toe in die rigting van Lenyenye gery waar die polisie, wat besig was met ʼn roetinepadblokkade, die voertuig van die pad laat aftrek het. Die verdagtes het onmiddellik uit die voertuig gespring en te voet gevlug,” sê hy.

Ngoepe sê die polisie het beslag gelê op ʼn pistool en verskeie ander items wat binne die voertuig was.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigeen met meer inligting word versoek om kol. Cecil Machimane by 082 451 7181 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Meer en meer . . . ·

Weer en weer en meer en meer en meer padblokkades soos ek voorheen gesê het en baie in hierdie land betreffende misdaad sal beter word. Net so 30- tot 40 min op een plek en dan skuif.

Tinktinkie ·

Mens moet seker iewers begin, maar wat is die doel as die kapers weg gekom het? Paraatheid tydens d padblokade kon tot inhegtenisname gelei het.

Ekke ·

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Is sl so moeg van hierdie retoriek! As die bestuurder weghardloop, skiet die swerkater in die voet!

Grassie ·

Dit gebeur al hoe meer dat misdadigers wegkom as hulle uit die voertuig spring en weghardloop. Ek dink dit is KFC se skuld.

Elsa ·

As polisie weet van hot spots, hijacking, waarom nie sigbaar en die booswigte inhegtenis neem nie? wat ‘n simpel pad teken. seker kan julle tog dink?

Tammy ·

Die SAP moet meer betrokke raak en BAIE padblokkades hou. Dit sal definitief die misdaad minder maak. Hoe op aarde kan jy te voet vlug en wegkom? Ag nee man, gaan vertel dit vir die kinders by die kleurterskool. Die werkers by die padbokkade het nie hulle werk gedoen nie. Hulle was NIE paraat NIE. Dis n skande , ek sal my morsdood skaam as ek my werk so halfhartig doen en my salaris met n “smile” ontvang. Daar is gewoonlik genoeg personeel betrokke by padblokkades om die skurke te vang.

snoefie ·

die polisie lede is nie meer fiks en tot liggaamlike inspanning in staat nie. hulle kan nie n hardloper vang nie. daarom dat verdagtes ” per voet” vlug en wegkom.

Kekkel ·

Ek was nou onlangs by ‘n padblokkade afgetrek, die persoon in die motor voor my gery het, stuur lustig sms ter wyl sy deur deur die blokkade ry, maar ek, wat niks verkeerd doen nie, word afgetrek sodat hulle my lisensie kan sien. My lisensie was nog in my handsak, toe mag ek alweer ry. Watse padblokkade is dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.