Polisie vind kluis met gesteelde vuurwapens en ammunisie

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Vryburg, Noordwes, het Maandagoggend omstreeks 08:00 beslag gelê op ʼn kluis met vuurwapens, ammunisie en dokumente wat glo in Schweizer-Reneke gesteel is.

“Die polisie het reageer op ʼn wenk van die gemeenskap oor ʼn kluis met vuurwapens wat in ʼn watersloot by Roydenweg in Vryburg gestort is,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die kluis was reeds oopgemaak toe lede van die honde-eenheid by die toneel opgedaag het. “Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens, ammunisie en dokumente. “Die polisie het die goedere uitgeken as eiendom wat op 27 Junie in Schweizer-Reneke gesteel is.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rissiepit ·

Ek wonder wat was alles in die kluis…. Baie vreemd dat die vuurwapens gelos is? Dalk was hulle gepla….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.