Polisie vind kluis met vuurwapens in veld

Foto: SAPD, Noord-Kaap

ʼn Noord-Kaapse taakspan van die polisie het ʼn kluis met vuurwapens en ammunisie in ʼn veld by Hotazel gevind.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in Kuruman het Woensdagmiddag omstreeks 16:00 ʼn verlate kluis met jaggewere, ʼn haelgeweer en 350 patrone gevind.

Die polisie het 100 patrone vir ʼn .38 Special-rewolwer, 50 patrone vir ʼn R5-geweer, 18 vir ʼn 308 en 89 vir ʼn .22 gevind.

“Lede van die gemeenskap, wat besig was om hout bymekaar te maak, het die kluis gesien en die polisie ontbied,” het Tawana verduidelik. “Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die kluis, insluitend die vuurwapens, ammunisie en juwele ter waarde van duisende rande, tussen 8 en 9 Julie 2017 uit ʼn huis gesteel is.”

Genl.maj. De Waal, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die vonds geloof en die gemeenskap bedank dat hulle die polisie in kennis gestel het.

Enigiemand wat die polisie met inligting kan bystaan, word versoek om kapt. Doggy Magugu te kontak by 082 469 0578. Inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Robert ·

Volgens die inligting in die berig is 350 patrone gevind. As ek die getalle, wat genoem word, bymekaar tel dan is daar net 257. Wat het van die ander geword?

willie ·

die eienaar kan mos opgespoor word deur eenvoudig die vuurwapens se nommers op die stelsel in te lees!

Piet skiet. ·

As die wapens nie gelisensieer is nie. Het die SAPS n probleem om die eienaar op te spoor. Kan dalk vingerafdrukke probeer. Maar o ja ons is mos nie gerat om afdrukke te “match” nie. .

willie ·

volgens die berig lei ek af dit was ñ huisbraak waartydens hierdie kluis gesteel was, dat behoort dit gelisensieerde wapens te wees.

willie ·

of weermag wapen, R5 of R4 beide gebruik 556 ammo, maar daar is ook die Vektor wapen wetiglik in private besit wat dieselfde kaliber is

John ·

Die verslag gewer is nie vertroud met kalibers nie. n “R5” kalieber is maar net n ander naam vir n .223 en soos jy in die foto sien is daar nie n R5 nie maar wel gewere en ek kan jou waarborg een van hulle is n .223 dis al.

pieter ·

Dit kon nie n goeie tipe kluis gewees het nie,as dit so gou oopgemaak is deur die polisie nie.

John ·

Pieter,
Gee my toegang tot jou kluis so vir n tydjie dan wys ek jou hoe vinnig maak ek hom oop met n lekker 300mm Grinder.
Al wat jy hoef te doen is om deur te sny by slot penne en dan maak hy mooi oop.
Dit beteken hoegenaamd nie dat dit nie n goeie tipe kluis was nie dit beteken maar net die manne het die regte gereedskap gehad en hulle het ook onbepaalde tyd tot hulle beskikking om dit oop te maak. Wat nie die geval was gedurende die huisbraak nie.

Tiger ·

Pieter die oorgrte meerderheid “vuurwapenkluise” wat ons mee tevrede moet wees is nie regtig kluise nie maar metaalkaste vir vuurwapens en maklik om oop te breek.Dit s my ‘n paar menute neem dan het ek my vuurwapens uit my geweer kluis uit sonder om die deur oop te sluit!So wat nou?

Gatvol ·

“R5 Patrone”????
Wonder of hulle weet, dat n .223 jaggeweer dieselfde kaliber is?
Ek sien net jaggewere op die foto, tensy die sogenaamde R5 rondtes n datum agter op het, met gekrimpte slagdoppies, is dit eerder .223 rondes………

Grashalmpie ·

Ja dit lyk of daardie swart jaggeweer op regterkant n Ruger .223 MARK II kan wees..Dis tien teen een sy ammunisie en kan ook army issue wees wat hulle vir hom gebruik het.

Jacques ·

Jy behoort jou wspens en wapen slotte en ammunisie in 2 verskillende kluise te stoor. As hulle jou geweer kluis steel, kan hulle nie die wapens gebruik nie. Ten minste is die wapens en ammunisie nie in verkeerde hande nie. Saps moet die eienaar te kan opspoor dmv die Sentrale Vuurwapen Rigister.

anton ·

Ek stem volkome met jou saam Jacques.
Wens mense wil dit toepas. Selfde kan gedoen word met pistole wat nie gebruik word vir selfbeskerming nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.