Polisie vind Mandrax-tablette van R3 miljoen by grenspos

Foto verskaf deur die SAPD

Foto verskaf deur die SAPD

Polisiebeamptes van Mpumalanga het Sondagaand by die Lebombo-grenspos beslag gelê op 66 000 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R3 miljoen wat in ʼn vragmotor versteek was.

“Die klopjag was deel van ʼn roetine-soektog toe die vragmotor van Mosambiek na Johannesburg wou reis,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Beamptes het ses verseëlde sakke op die agterste sitplek opgemerk. Hulle het die sakke oopgemaak en op die klein pakkies dwelmmiddels afgekom.”

ʼn Snuffelhond is ook tydens die soektog gebruik.

Die twee Mosambiekers, onderskeidelik 38 en 41 jaar oud, wat met die vragmotor gery het, is in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklag van die besit en handeldryf in dwelmmiddels. Hulle het vandag in die landdroshof in Malelane verskyn.

Die polisie is tans besig met ʼn ondersoek om te bepaal of die twee persone se betrokkenheid by kriminele bedrywigheid verder strek as net Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacques ·

Mooi brand dit uit onmiddelik anders gaan dit weer verkoop word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.