Vyf buitelanders, glo lede van ʼn sindikaat, is Maandag in Wonderboom-Suid in Pretoria deur die polisie vasgetrek.
Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is op meer as R500 000 se gesteelde goedere beslag gelê. Dié items is glo oor die naweek tydens ʼn sakeroof by ʼn groot klerewinkel in Olievenhoutbosch naby Centurion gesteel.
“Dit sluit selfone, laaiers, oorfone, selfoonsakkies en simkaarte in. Daar is ook beslag gelê op ʼn skootrekenaar wat glo gebruik word om met fone te peuter,” het Dlamini gesê.
Die verdagtes is in ʼn woonstel in Lombardstraat in hegtenis geneem.
Volgens Dlamini is dié verdagtes glo deel van ʼn sindikaat en kan nog inhegtenisnemings volg. Daar sal forensiese toetse gedoen word op die skootrekenaar.
Hy het gesê die verdagtes sal aangekla word van die besit van gesteelde goedere terwyl ʼn klag van sakeroof moontlik bygevoeg word namate die ondersoek vorder.
Die polisie hoop dié deurbraak kan lei tot nog sindikate wat oopgevlek word.
Dit is net om die hoek van my woonstel in 9de laan!!!! In sekere van die woonstelle in daardie area bly baie ongure karakters. In Lombard straat (tussen 9de en 10de Laan) is daar n huis waar daar mense uitpeul in die oggend net na 6uur – seker tussen 12 & 15 en in n vragmotor inklim in 10de laan (net bokant De Beer straat). Sal interessant wees om te weet of daar n konneksie is??.
Ja ken die huis, hulle moet ondersoek doen daar lyk verdag
Hulle gaan dan in alle rigtings op hulle rooftogte en bring die buit vanaand huistoe.
Bly ook in die omgewing en ja die huis tussen 9de en 10de lyk maar verdag. Sal ook daar begin ondersoek
Buitelanders is die meesterbrein waar skelmstreke betrokke is, jaag hul terug van waar hulle vandaan kom.
Dit gaan net nog erger word!!!