Polisie vlek glo sindikaat oop

Argieffoto: Kent Williamson

Vyf buitelanders, glo lede van ʼn sindikaat, is Maandag in Wonderboom-Suid in Pretoria deur die polisie vasgetrek.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is op meer as R500 000 se gesteelde goedere beslag gelê. Dié items is glo oor die naweek tydens ʼn sakeroof by ʼn groot klerewinkel in Olievenhoutbosch naby Centurion gesteel.

“Dit sluit selfone, laaiers, oorfone, selfoonsakkies en simkaarte in. Daar is ook beslag gelê op ʼn skootrekenaar wat glo gebruik word om met fone te peuter,” het Dlamini gesê.

Die verdagtes is in ʼn woonstel in Lombardstraat in hegtenis geneem.

Volgens Dlamini is dié verdagtes glo deel van ʼn sindikaat en kan nog inhegtenisnemings volg. Daar sal forensiese toetse gedoen word op die skootrekenaar.

Hy het gesê die verdagtes sal aangekla word van die besit van gesteelde goedere terwyl ʼn klag van sakeroof moontlik bygevoeg word namate die ondersoek vorder.

Die polisie hoop dié deurbraak kan lei tot nog sindikate wat oopgevlek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gerda Roux

Dit is net om die hoek van my woonstel in 9de laan!!!! In sekere van die woonstelle in daardie area bly baie ongure karakters. In Lombard straat (tussen 9de en 10de Laan) is daar n huis waar daar mense uitpeul in die oggend net na 6uur – seker tussen 12 & 15 en in n vragmotor inklim in 10de laan (net bokant De Beer straat). Sal interessant wees om te weet of daar n konneksie is??.

Alida

Hulle gaan dan in alle rigtings op hulle rooftogte en bring die buit vanaand huistoe.

Boertjie

Bly ook in die omgewing en ja die huis tussen 9de en 10de lyk maar verdag. Sal ook daar begin ondersoek

SjN

Buitelanders is die meesterbrein waar skelmstreke betrokke is, jaag hul terug van waar hulle vandaan kom.

anton

Dit gaan net nog erger word!!!