ʼn Voormalige wildbewaarder en twee polisiebeamptes van die Skukuza-polisiestasie is Dinsdag vir renosterstropery in die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem.
“Die verdagtes moes die paaie om die reservaat patrolleer en enige verdagte voertuie aftrek en deursoek,” het genl.maj. Simon Mapyane, ʼn woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, gesê. “Dit is duidelik dat dié beamptes die teenoorgestelde gedoen het.”
Een swartrenosterkarkas is Dinsdagoggend in die wildtuin aangetref, het Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, gesê.
Die Valke en wildbewaarders het ʼn wenk ontvang en het ʼn amptelike Skukuza-polisievoertuig van die pad afgetrek en deursoek.
“Die polisiebeamptes het die voormalige wildbewaarder, wat van stropery verdink word, in die voertuig vervoer. Die vermeende stroper was gewapen met ʼn .375-jaggeweer en ammunisie,” het Mapyane bygevoeg. Hy sê die konstabels kon nie verduidelik waarom die vermeende stroper in die voertuig vervoer word nie. “Die beamptes staar aanklagte van korrupsie in die gesig. Die vermeende stroper word aangekla van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.”
Die drie verdagtes gaan binnekort in die Skukuza-landdroshof verskyn.
Edna Molewa, die minster van omgewingsake, het Woensdag die inhegtenisnemings verwelkom.
Minstens 272 renosters is reeds vanjaar in die Kruger-wildtuin gestroop en 52 mense is in verband met renosterstropery in hegtenis geneem. Limpopo het al sedert die begin van 2014 48 renosters aan stropery afgestaan, 41 in KwaZulu-Natal en 26 in Noordwes. Landswyd is altesaam 119 mense al in verband met renosterstropery in hegtenis geneem. – SAPA
Wolf is ook weer skaap (wild) wagter gemaak.
Net toe ek weer bietjie vertroue kry in die polisie, nou dit. Nee wat, mens kan byna niemand meer vertrou nie.
Het jy vertoue begin kry? Ek het amper begin dink hul bestaan nie meer nie. Dis hartseer om te dink die enigste mense wat die Renosters kan red is nou ook besig om hul uit te moor. Soos Kurt se net bietjie tandpyn wat die ANC het.
hoe slaan n mens iemand teen n ‘MUUR’ vas? met n hamer en n,spyker ?
Ja nee – geld praat. Ek is bly ek dra nie ‘n uniform nie want hel ek skaam my dood om met enige van diè vergelyk te word. Geen trots, geen respek en geen vertroue vir die spul nie.