Polisie vra hulp na 28-jarige man verdwyn

Gert Meyer (Foto verskaf deur SAPD)

Die polisie in Upington het die publiek versoek om hulle by te staan in hul soektog na die vermiste Gert Meyer (28).

Meyer is Maandag die laaste keer gesien waar hy in die Middelpos-omgewing in Upington rondgeloop het.

Volgens sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, is Meyer ’n psigiatriese pasiënt. Die klere wat hy gedra het ten tyde van sy verdwyning, is dieselfde as in die foto in dié berig wat deur die polisie verskaf is.

Enigiemand met inligting kan ao. Rich by 082 785 0637 kontak.

Netwerk24 berig intussen Gert is die seun van die bekende landskapskilder Walter Meyer wat in Desember 2017 vermoor is.

Sophia Meyer, Walter se vrou, is vir sy moord in hegtenis geneem en is in November 2021 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy aan moord skuldig bevind is.

Gert is gebore uit Walter se eerste huwelik met Catharina Scheepers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

007 ·

Ai iewers is ‘n paar skroewe los in daardie arme gesin! Hoop hulle kry hom.

Maggies ·

Trauma maak nie skroewe los nie 007, dit is ‘n uiters ongevoelige aanmerking. Dank eerder jou Hemelse Vader dat daar nie sulke omstandighede in jou lewe was wat traumatiese gevolge vir jou inhou nie.

piet ·

12 jaar gekry vir moord op haar man (minder as die minimum voorgeskrewe vonnis) so sy gaan waarskynlik net 6 jaar sit voor sy op parool vrygelaat word. Walglik.

Pietertjie ·

Het die polisie nie ook hulp nodig om die staatskaper-kriminele aan te keer nie?

Maggies ·

Baie hartseer. Mag hy spoedig en ongedeerd opgespoor word.

Swerwer ·

Dit is so hartseer, mag ons Hemelse Vader met Gert wees. Sy oorlede Pa was dalk maar sy steunpilaar in die lewe.

miche ·

Gaan kyk gerus na die DSM handleiding vir Psigiatries kondisies. Daar is ‘n hele Lang lys van kondisies wat as “psigiatries” beskou word. Selfs bednatmaak.
So moenie mense oordeel nie, veral nie as jy absoluut niks van hul omstandighede/ saak weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.