Polisie vra hulp ná bejaarde in ouetehuis vermoor is

Argieffoto: Kent Williamson

Die Bloemfonteinse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom nadat ʼn bejaarde vrou in ʼn ouetehuis in die stad vermoor is.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het gesê die bejaarde se liggaam is omstreeks 14:30 in haar woning in Heidedal aangetref.

“Haar seun het bekommerd geraak toe hy haar op haar selfoon gebel het en iemand vreemds die foon geantwoord het. Hy het weer probeer bel, maar die foon was afgeskakel. Hy het gaan ondersoek instel en op haar liggaam afgekom,” het Mpakane gesê.

Die vrou se plasmatelevisiestel en radio is gesteel. Die oorsaak van haar dood en haar naam is nie bekend gemaak nie.

Die Heidedal-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

“Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om die polisie by te staan met sy ondersoek om die beweerde moordenaar op te spoor. Enigiemand wat vermoed wie die verdagte is of waar die persoon mag wees, word versoek om ao. Patric Nkopane by 083 487 7969 te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Weduwee ·

Iemand het ‘n oog op daai plasmatelevisiestel gehad. Ek hoor hulle slaan dit stukkend en rook ‘n wit poeier wat in die televisie voorkom. Na twee inbrake hou ek nie meer televisiestelle in my huis aan nie, net ‘n groot aanvalshond en dis nou al ‘n jaar sonder enige voorval, dankie Here. Ek dink sagte teikens soos bejaardes en vroue wat alleen woon gaan al meer geteiken word, moontlik totaal uitgewis word, soos die lanbouers (boere).

Mercy ·

Tannie, kry maar weer vir jou n televisie, dit is verseker nie meer die moordenaars se motief nie. Daai wit poeier wat hulle rook is nou in sakkies beskikbaar.

Rika ·

Hoekom moet die arme oumense so dood gemaak word. Hulle is weerloos. Die geweld in die land word net by die dag erger en erger. Oumensies, boere, kinders…. Hoe maak jy iemand dood en dan slaap jy rustig in die aand en gaan aan met jou daaglikse lewe asof niks gebeur het nie.

m ·

Hierdie parasiete sak nou op ouetehuise toe. So sal alles maar net erger word. Mens weet nie meer nie……..

Ronel Swart ·

Die land is in ‘n gemors. Ek kan nie dink dat mens ‘n ou weerlose vrou dood maak net vir televisie en radio nie. Hoe lewe jy met jouself saam?

Ja nee ·

Hulle het nie gewetes of harte nie dis hoekom hulle dit doen! Dan moet ons almal daardeur geraak word! Mag oordeelsdag spoedig aanbreek sodat alles tot n einde kan kom want ek sien net negatiewe dinge gebeur want die mederheid mense is negatief! Sterkte aan die tannie se familie mag die moordenaar vinnig opgespoor word en sommer oorhandig word aan die gemeenskap want die wet is nie van toepassing op krimenele nie hulle het meer regte as die slagoffers! Welkom in Suid Afrika!

CHRISTA ·

Het daardie ouetehuis geen sekuriteit nie? Vind asb vir ons uit Maroela!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.