Polisie vra hulp ná boer gru-vonds maak

Argieffoto: Nico Strydom

Die Mid Illovo-polisie in KwaZulu-Natal het Dinsdag ʼn beroep op die publiek gedoen om die naasbestaandes van ʼn vrou op te spoor wie se liggaam in ʼn vlak graf op ʼn plaas in die omgewing gevind is.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê ʼn boer het verlede Dinsdag op sy plaas gewerk toe hy ʼn vlak graf, bedek met boomtakke, opgemerk het.

“Hy het gaan ondersoek instel en gesien ʼn hand en voet steek by die grond uit. Hy het dadelik die polisie ontbied,” het Mbhele gesê.

Beamptes van die polisie se soek-en-reddingseenheid het die vrou, in haar 30’s, se liggaam uit die grond gehaal. “Sy het kopbeserings en ʼn diep wond aan haar voorkop gehad. Sy het ʼn pienk hemp en swart kleefbroek aangehad. ʼn Hamer met ʼn geel en groen handvatsel is langs haar liggaam gevind.”

Die Mid Illovo-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die vrou se identiteit is onbekend.

Mbhele het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te help om die vrou se naasbestaandes op te spoor wat haar kan uitken.

Enigiemand met inligting oor die voorval of die vrou word versoek om ao. Sibiya by 082 459 6628 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sterkte ·

O my hel arme boer .. hy gaan as die eerste verdagte gesien word .. weet deesdae nie eers of jy die polisie moet bel as jy op so iets afkom nie, hulle dink ONMIDDELLIK dis die boer en neem hom in hegtenis ..

tamboti ·

Wel die hamer is mooi beskryf, maar die vrou is net haar wond en klere behoorlik beskryf.

Adam ·

Sal dit nie makliker wees as hulle swart wit indiêr of kleurling nie

Lana ·

Ag my hel, sê net of die vrou wit, swart, geel of bruin is. Of julle dit nou wil weet of nie – kleur is van belang!!!!!!

Hanna ·

Hoop nie hierdie boer is wit nie, anders herhaal Coligny homself…

Pop ·

Nou watter ras is die vrou. My kind het sulke klere en ek glo baie ander ook. Maak mens moedeloos

Casper Labuschagne ·

Nie eens wanneer jy dood is mag jou ras vermeld word nie. Ek het ‘n sterk vermoede dat dit regtig sou saakmaak om te sê dat dit ‘n wit, swart, bruin, Indiër of Sjinese vrou is waar haar identiteit nog onbekend is. Iewers is iemand tog bekommerd oor haar en hoe gouer haar identiteit vasgestel kan word…

Voorwaar, hierdie land het gek geword.

Se maar net ·

Saak van moord word ondersoek….nope sy het haarself met die hammer geslaan en voor sy haar laaste asem uitgeblaas het haarself gou begrawe.
Mnr die Boer ek dink aan jou! Hulle gaan na jou kyk met groot oe!

Manie Strydom ·

Ek vertrou hulle soos ek my aartsvyande vertrou dit sal n koue dag in hel wees as ek hulle help.

Susan ·

Hou verby ek bly so ver weg van polisie as wat ek kan hulle is gladnie vertroubaar nie

Koos ·

Ek leer my kinders om die klomp in blou glad nie te vertrou of om hulle vir hulp te vra nie

GAB ·

..of die vrou word versoek om ao Sibiya te kontak…. wat mis ek hier?

Tina ·

Ja nee ek mis ook iets hier as die vrou versoek word dan moet sy maar uit haar dood uit op staan.lol

Elsa ·

Sigbaarheid van polisie ORAL kan al hierdie probleme oplos….wat verstaan die owerhede nie?

Elize ·

O wee my hierdie boer het moeilikheid! Hy gaan baie mooi moet verduidelik en pleit dat hy niks met die moord te doen het nie. Getuies gaan na vore kom wat reken hulle het gesien toe hy haar met die hamer geslaan het. Sterkte vir hom

Alida ·

Ai die spel polisie is weer met ons… as jy mooi kyk, sien jy hulle vra dat enigiemand met inligting oor die voorval of (inligitng oor) die vrou …….. kan die ou bel.
Ek stem saam ‘n komma na die word “vrou” sou help dat dit beter lees, maar gebruik tog ook julle verstand!!!

Fantabulous ·

GAB jammer maar ek dink jy het verkeerd gelees daar staan ” enige iemand wat inligting get of oor die vrou moet die AO kontak”. Ek stem saam met die ras wat nie bekend gemaak word nie. Baie vrouens van alle rasse dra swart ski pants en pienk tops.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.