Polisie vra hulp ná Kampsbaai-ongeluk

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

Die polisie in Kampsbaai in Kaapstad het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting wat hulle kan help in hul ondersoek ná ʼn ongeluk in dié buurt wat die lewe van ʼn 24-jarige vrou geëis het.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 22:30 plaasgevind.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het die vrou glo in ʼn BMW gery en beheer oor die voertuig verloor en “in ʼn rots wat in die pad gelê het vasgery”. Die ongeluk het in Victoria-weg in Bakhoven, digby Oudekraal, plaasgevind.

“Die vrou is deur die mediese personeel op die toneel dood verklaar,” het Swartbooi gesê.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en die polisie kan in hierdie stadium nog nie sê of enige vuilspel vermoed word nie.

“ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van die vrou se dood te bepaal. Geen bespiegeling kan gemaak word nie.”

Enigiemand met meer inligting wat met die ondersoek kan help, kan die ondersoekbeampte, sers. Jerome Matthews, by 081 432 6150 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sharmane ·

Dis baie sad. Maar sover ek weet mag niemand na 10 rondry nie?

Elinette ·

22:30 …. Was dit nie toe al ná “curfew” nie? Klink vir my of daai rots aspris in die pad gesit is.

Anoniem ·

Die skade op die voertuig lyk dan nie so erg dat iemand “noodlottig beseer” kon word in so ‘n ongeluk nie.
Hoe het die rots wat in die pad gelê het waarin sy vasgery het, daar beland? Dit klink of die rots nie altyd daar in die pad is nie. Wie het die ongeluk aangemeld?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.