Polisie vra hulp ná kind se naakte lyk in dam gevind is

Dam_wolke_sonsopkoms_Reint_Dykema.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

Die Limpopo-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help om ʼn jong seun, vermoedelik 13 jaar oud, te identifiseer nadat sy naakte liggaam onlangs in ʼn dam in die provinsie gevind is. Daar was ʼn gholfbal en snesies in sy mond.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die eienaar van ʼn perseel langs die dam het die seun se drywende liggaam op 1 Oktober omstreeks 17:15 in die Ebenezerdam in Haenertsburg opgemerk.

“Die oorledene is ʼn lang, skraal swart seun. Die liggaam is ongeskonde en geen liggaamsdele is verwyder nie,” het Otto gesê.

Sy het gesê die liggaam was vermoedelik ongeveer twee dae lank in die dam. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

“In hierdie stadium word ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen, maar dit kan verander na moord sodra die uitslag van die lykskouing bekend is.”

Otto het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom as iemand ʼn kind vermis wat by die seun se beskrywing pas, of as hulle meer inligting oor die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ruby ·

Shame man, so jammer hy moes deur sulke boosheid aan sy einde kom.

Siek wêreld.

Theresa ·

So tragies. Hoop die gholfballe trek die net stywer om die moordenaar(s).

Annemarie Zandberg ·

Ek ruik n rot….nog niemand het die kind begin soek nie

Annemarie Zandberg ·

Ek ruik n rot….nog niemand het die kind begin soek nie

pop ·

Stomme kind. Ons raai natuurlik almal dieselfde ding en dit spel” pedofiel”

Eish! ·

Ek dink dit is ‘n kwessie van ‘n kind wat per ongeluk op die verkeerde plek en tyd was en weet iets van boosdoeners se aktiwiteite. Oplossing is: Maak hom dood! Siek SA

Faber ·

2de Kind in kwessie van 2-3 weke wat in ‘n dam gevind is… eers in Blydedam en nou Ebenezer nie te ver uit mekaar nie… is die twee moorde dalk gelink? Reeksmoordernaar dalk doenig??? 11jr seun en nou 13??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.