Polisie vra hulp ná lyk in Hermanus gevind is

Hermanus Foto: hermanussouthafrica.com

Hermanus Foto: hermanussouthafrica.com

Die polisie in Hermanus het die hulp van die publiek gevra om ʼn man te identifiseer nadat sy liggaam in vlak seewater by die Whale Rock-landgoed in Hermanus gevind is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Sondag omstreeks 13:30 na die Whale Rock-landgoed ontbied waar die man se liggaam in die see gevind is. “Die oorledene het ʼn swart broek en donker trui aangehad. Hy is groot gebou en het tatoeëermerke op sy bors.”

Volgens Rwexana was die man ongeveer 30 jaar oud. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen en enigiemand met inligting kan konst. Craig Philander kontak by 028 313 7000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MM ·

Ek vra of dit ‘n blank of swart is wat verdrink het nou word my kommentaar maar sommer verwyder. Hoekom??? Of is dit dalk rassisties?? Nie so ver ek weet nie. Dis net ‘n volledige beskrywing van die persoon wat in die see gekry is.

Hannelie ·

MM, ek stem saam! Net soos wat die klere wat hy aangehad het kan help, kan die feit dat hy wit of swart is ook help! Dit hoef nie ‘n ras ding te wees nie! Ai!!

Theresa ·

Dis doodnatuurlik wanneer ‘n beskrywing van ‘n mens gegee word, te noem watter kleur ter sprake is. Anders is dit diskriminasie om te sê die ou is kort of lank? Mense moet nou net nie simpel raak wanneer kleur gebruik word as beskrywing nie. Daar is mos juis niks fout om swart of wit te wees nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Theresa

Kommentaar beland soms in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Jou kommentaar is dus nie deur ons verwyder nie. Jou kommentaar is intussen goedgekeur en verskyn nou op die webwerf.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

pop ·

Met daai beskrywing kan dit een uit miljoene wees. Kleur oe, en hare en het die hemp blokkies of blomme. Dis sal al meer beskrywend wees. Hemel tog, Kan iemand wakker word by daai stasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.