Polisie vra hulp ná moord op bejaarde  

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie in Gqeberha ondersoek nou ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 87-jarige man twee weke gelede in sy huis gevind is.

Ockert Bosch se liggaam is op 19 Augustus in sy huis in Hornbillstraat in Cotswold gekry. Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, is daar op die uitslag van die nadoodse ondersoek gewag weens Bosch se mediese geskiedenis.

Die nadoodse ondersoek het bepaal Bosch is dood weens ʼn harde hou teen die kop.

Lede van die gemeenskap het die polisie op die dag van die moord in kennis gestel van ʼn huisbraak nadat daar gesien is hoe iemand van die huis af weghardloop.

“By die polisie se aankoms is daar gevind dat die agterdeur oopgedwing is. Die huis is geplunder en Bosch se liggaam is op die vloer gevind.”

Klere, huishoudelike goedere, twee Noritake-teestelle en twee muurhorlosies is tydens die voorval gesteel.

’n Beroep word op tweedehandse winkels gedoen om op die uitkyk te wees vir iemand wat die gesteelde goedere probeer verkoop.

Enigiemand wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Riaan Steyn, te kontak by 082 657 0447 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Die polisie ondersoek sake van moord en huisbraak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ES ·

Doodgemaak vir Noritake teestelle en klere…. ek hoop die skurk loop sy rieme styf!

Pietertjie ·

Die polisie is veronderstel om hulp aan te bied, nie te vra daarvoor nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.