Polisie vra hulp ná pa, seun saam sterf

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die Margate-polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom rakende ʼn botsing in 2015 wat die lewe van ʼn pa en sy seun geëis het.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die ongeluk het op 16 Mei 2015 om 05:45 in Marinerylaan naby die voëlpark in Uvongo plaasgevind.

“By die polisie se aankoms op die toneel is twee mense, William Grobler (48) en sy seun Nicolaas (26), se liggame in die middel van die pad aangetref. Die pa en seun is dood toe ʼn voertuig en die motorfiets waarop hulle gery het, gebots het,” het Zwane gesê.

“ʼn 86-jarige man het hom op die toneel by die polisie aangemeld en gesê hy was die bestuurder van ʼn Honda Jazz wat teen die motorfiets gebots het.” Die polisie is egter nog op soek na ooggetuies om te probeer vasstel presies wat gebeur het.

ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak vir nadere ondersoek.

Die Margate-polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat moontlik die botsing gesien het om AO André Booysen by 039 312 9805 of 074 448 6872 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
christa

Is die ou man se bestuursvermoe getoets. Kan hy nog bestuur?

Antjie

Sjoe! Dit beteken die aangeklaagde moet reeds 89 jr oud wees! Dit op sigself is alreeds besonders. Hy het min rede oor in sy lewe om te lieg. Dat hy homself aangemeld het, getuig moontlik daarvan. Sy getuienis behoort dus ook verder redelik betroubaar te wees. Dis interessant dat die ondersoekbeampte 3 jaar gewag het voordat daar na ander getuies gesoek word. Was dit omdat hulle gehoop het hy verlaat intussen die aardbol? Of was sy getuienis destyds nie genoeg om toe aandag te moes gee nie, maar intussen het iets ekstra gebeur? Ek hoop regtig hulle kry iemand wat… Lees meer »

Tik tok tik tok

Grote Genugtig is dit nou tyd om hulp te vra Waar was jul toe dit gebeur het Het jul nie toe gevra vir ooggetuies nie Sorry seker nog besig met opleiding gewees Mooi man dit was mos wit mense ?????

Gesiggie

Belaglik… hoe lank vat dit jul om n saak af te handel… 2015” regtig 3 jaar later en jul vra hulp?? wie sal nou te vore kom? as hul dan dit nie op die dag van ongeluk gedoen het.. hoekom sal hul na 3 jaar opdaag” 2 mense het gesterf, maar die saak is net so gelos? strafbare manslag? wie is skuldig… as jul gedoen het wat jul moes die dag van die ongeluk, sou als nou al afgehandel gewees het… nie almal kan so lank terug onthou,, of die een wat skuldig is… wil nie onthou? jammer vir die… Lees meer »

RHG

Het iemand gesê die bejaarde man het die botsing veroorsaak, Christa?
So jammer dat 2 mense hul lewens verloor het.