Polisie vra hulp ná pa, seun saam sterf

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die Margate-polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom rakende ʼn botsing in 2015 wat die lewe van ʼn pa en sy seun geëis het.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die ongeluk het op 16 Mei 2015 om 05:45 in Marinerylaan naby die voëlpark in Uvongo plaasgevind.

“By die polisie se aankoms op die toneel is twee mense, William Grobler (48) en sy seun Nicolaas (26), se liggame in die middel van die pad aangetref. Die pa en seun is dood toe ʼn voertuig en die motorfiets waarop hulle gery het, gebots het,” het Zwane gesê.

“ʼn 86-jarige man het hom op die toneel by die polisie aangemeld en gesê hy was die bestuurder van ʼn Honda Jazz wat teen die motorfiets gebots het.” Die polisie is egter nog op soek na ooggetuies om te probeer vasstel presies wat gebeur het.

ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak vir nadere ondersoek.

Die Margate-polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat moontlik die botsing gesien het om AO André Booysen by 039 312 9805 of 074 448 6872 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

christa ·

Is die ou man se bestuursvermoe getoets. Kan hy nog bestuur?

Anoniem ·

Sjoe Christa, as ek kyk hoe vandag se jong kinders bestuur. Dogtertjies en seuntjies wat nie ‘n konsep het van hoe padreëls werk or hoe om ‘n voertuig te habteer nie en dan soos wafferse matrose vloek en skel wanneer hulle die padreëls oortree? Ek vat veel eerder my kanse met ou omies op die pad wat heel waarskynlik aansienlik stadiger ry, dankie!

Antjie ·

Sjoe! Dit beteken die aangeklaagde moet reeds 89 jr oud wees! Dit op sigself is alreeds besonders. Hy het min rede oor in sy lewe om te lieg. Dat hy homself aangemeld het, getuig moontlik daarvan. Sy getuienis behoort dus ook verder redelik betroubaar te wees. Dis interessant dat die ondersoekbeampte 3 jaar gewag het voordat daar na ander getuies gesoek word. Was dit omdat hulle gehoop het hy verlaat intussen die aardbol? Of was sy getuienis destyds nie genoeg om toe aandag te moes gee nie, maar intussen het iets ekstra gebeur? Ek hoop regtig hulle kry iemand wat kan help, want die familie van die pa en kind sal berusting wil vind as die 89-jarige bestuurder dit nie vir hulle kan gee nie. Ek is ook skrikkerig vir 89-jariges wat voor sonop in die winter nog op ons paaie mag rondry.

Antjie ·

Ek hou van jou manier om ‘n verhaal op te tower. Een deel tref my, “sy getuietnis behoort redelik betroubaar te wees”. Is jy seker? Ek hou ook van verhale optower Miskien teen die hoë ouderdom het hy demensie. Miskien het dit selfs bygedra tot die ongeluk.

Tik tok tik tok ·

Grote Genugtig is dit nou tyd om hulp te vra Waar was jul toe dit gebeur het Het jul nie toe gevra vir ooggetuies nie Sorry seker nog besig met opleiding gewees Mooi man dit was mos wit mense ?????

Gesiggie ·

Belaglik… hoe lank vat dit jul om n saak af te handel… 2015” regtig 3 jaar later en jul vra hulp?? wie sal nou te vore kom? as hul dan dit nie op die dag van ongeluk gedoen het.. hoekom sal hul na 3 jaar opdaag” 2 mense het gesterf, maar die saak is net so gelos? strafbare manslag? wie is skuldig… as jul gedoen het wat jul moes die dag van die ongeluk, sou als nou al afgehandel gewees het… nie almal kan so lank terug onthou,, of die een wat skuldig is… wil nie onthou? jammer vir die Familie wat nou nog nie berusting kon vind, want niemand is gevang?? ja so gaan dit in ons Land,,, dis mons OK” hoekom warry?? dit is net nog n lewe…wat geneem is.

RHG ·

Het iemand gesê die bejaarde man het die botsing veroorsaak, Christa?
So jammer dat 2 mense hul lewens verloor het.

Koos ·

Hoe durf jy dit nog vra? Dit moet tog die motorbestuurder se skuld wees. Motorfietsryers is stroopsoet, hou altyd by die spoedperk en is nooit aggressief nie. Karbestuurders aan die ander kant jaag soos besetenes, sonder nommerplate, glip deur tolhekke en slaan mense se kantspieëltjies af wat nie gou genoeg links skuif nie…

My 5c ·

Sjoe. My hart breek vir almal betrokke in die saak. En @christa – hoe anders gaan die oom sy goedjies gedoen kry? Hy wil dalk nog onafhanklik wees of hy het geen ander keuse as om self te ry en vir hom brood of wat ookal te gaan koop nie. My ouma is agv n kar ongeluk oorlede in 2015 op haar wonderlike ouderdom van 83. En die ongeluk was nie haar skuld nie – mense moet leer om te stop by dai vyf hoek teken wat se stop en ook as die lig oranje gaan om nie net petrol te trap om vinniger oor te jaag nie. Ek gooi nie klippe nie – ek hoop die polisie vind uit wat het werklik gebeur.

Danel Casey ·

My seun 9 jaar terug op sy motorfiets verongeluk. Vrou het in hom vasgery Die hofsaak is nou eers aan. .die leer het glo destyds verdwyn. Die vrou was in tye van die ongeluk n hof beampte by die hof toe die leer “verdwyn” het. Sy het ook met die hof voertuig gery met die ongeluk.

SNEL ·

Ja, hulle het seker so lank gewag omdat hulle gedink het die ou oom gaan van “old age” die emmer skop en nou kap hy dit uit soos n Switserse horlosie en is hul genoodsaak om die saak op te los. Dit moet vreeslik wees vir daardie 2 manne se familie, om so lank te wag sonder antwoorde en nou skrik die klomp eers wakker.

Veritas ·

Die polisie vermoed dalk dat die 86 jarige nie regtig bestuur het nie maar iemand anders probeer beskerm. Dalk sy seun of kleinseun wat maklik van die ongelukstoneel kon verdwyn het. Die oukêrel het geweet dat hy, op sy ouderdom, nie tronk toe gestuur sal word indien hy skuldig bevind word nie.

Jaco ·

3 jaar na die ongeluk en die polisie soek hulp? Waarvoor betaal ons hulle salaris dan? Pateties verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.