Polisie vra hulp ná twee mans sterf

Argieffoto: SAPD

Die Mpumalanga-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan nadat die liggame van twee mans vandeesweek in twee afsonderlike voorvalle in die provinsie gevind is.

Kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê albei mans se liggame is Dinsdag aangetref.

In die eerste voorval is die liggaam van ʼn man, in sy laat 30’s of vroeë 40’s, omstreeks 15:10 deur ʼn visserman in die Driekoppiesdam naby Malelane aangetref.

“Die visserman het ʼn liggaam in die dam sien dryf en dadelik die polisie ontbied. Sy liggaam het naby die damwal gedryf. Die man het ʼn swart rugsak aangehad waarin saamgeperste dagga gevind is. Die polisie stel ondersoek in oor hoe die man in die dam beland het,” het Bhembe gesê.

Die man het ʼn swart formele broek, swart belt en swart formele skoene aangehad. Hy het ook ʼn swart T-hemp gedra en swart sokkies met patrone van dobbelstene op. Hy is ongeveer 1,4 m lank.

Enigiemand wat die polisie kan help om die man se naasbestaandes op te spoor, of wat meer inligting rakende sy dood het, word versoek om kapt. Busisiwe Kunene by 082 4489 521 of sers. Nompilo Qwabe by 079 891 4821 te bel.

In die ander voorval is ʼn man, in sy vroeë 60’s, se liggaam in Jerusalem in Machadodorp aangetref.

“ʼn Verbyganger het in ʼn oop veld op die man afgekom en die polisie ontbied. Die man is op 23 Junie as vermis aangemeld en reeds deur sy broer uitgeken. Die polisie ondersoek nog die omstandighede rakende sy dood.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om AO Leon van den Berg by 082 316 9857 te bel.

Die polisie doen tans twee geregtelike doodsondersoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liberaal ·

Die mees duidelikste eienskap word weerhou om polities korrek te wees want polities korrektheid is vir die liberaliste belangriker as om misdadigers aan te keer.

Tjol ·

SNAAKS julle vra nie hulp met PLAASMOORDE Nie, smaak my julle het GENOEG Hulp daarmee gekry.

Hanna Hoekom ·

Ja, nou weet ons presies hoe die slagoffers lyk… Sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.