Polisie vra hulp ná twee sterf in skietvoorvalle

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die polisie in Grahamstad in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van dubbele moord en poging tot moord na aanleiding van twee skietvoorvalle waarin twee mans Maandag gesterf het.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê ʼn onbekende aantal gewapende mans het Maandagmiddag in die eerste voorval op drie mense in Peddie losgebrand.

ʼn 60-jarige man is noodlottig gewond, terwyl twee ander mans in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem is.

In ʼn ander voorval naby aan Peddie, wat volgens Govender etlike minute ná die eerste moord gebeur het, is ʼn 52-jarige man ook doodgeskiet.

Govender sê die motief vir dié moorde is nie bekend nie. Dit is ook onseker of die twee moorde met mekaar verbind kan word.

Enigiemand met inligting word versoek om die polisie by 086 001 0111 (misdaadnoodlyn) te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Juan viviers ·

O nou vra julle om hulp nadat julle ons ontwapen het help julle self man die polisie het nie gedink toe ons ons vuurwapens moes in handig nie gaan vra julle prisedent vir hulp

piet ·

Die polisie het ons nie ontwapen nie. Jy moes net weer deur die hele proses gegaan het soos ons en dan het jy jou vuurwapen behou.

Koekie ·

Ongelukkig is baie mense se lisensies afgekeur en baie mense sit op afgelee plekke wat dit vir hulle moeilik maak om elke keer vir hulle wapenlisensies in te kom en die proses te deurloop, so ook mense wat wapens geeerf het. Soos jy self weet mag elke persoon net een handwapen besit, so ek moes ook een van myne ingee. Ek het ‘n nuwe lisensie vir die ander een gekry, weer na 5 jaar aansoek gedoen vir ‘n hernuwing, wag nou al ‘n JAAR sonder enige antwoord. Ek het al my bewyse dat ek die aansoek ingedien het .. na ‘n JAAR kan hulle nog nie my hernuwing verwerk nie, so REGTIG as ek nou iemand skiet, is my wapen gelisensieerd of kan hulle nie wag om my in hegtenis te neem vi r’n ONGELISENSIEERDE wapen nie. AS ek die polisiekantoor se vuurwapeneenheid skakel, se hulle ‘jy is te haastig mevrou, hulle sal jou nog laat weet’. Dit is hoe USELeSS hulle is.~!

anton ·

Nie heeltemal waar nie Piet. Die polisie het baie met die ontwapening van ons mense te doen.
n hoë amptenaar in die polisie vuurwapen afdeling het destyds met die nuwe wet voorendag gekom wat gemaak het dat baie mense hulle wapens ingehandig het.
Baie ouer mense veral is afgeskrik en kon nie die gelde bekostig en die kursusse doen om hulle wapens te behou nie. Selfs enkel vrouens het hulle wapens uit vrees ingehandig. Hulle is so die skrik op die lyf gejaag, dat hulle gedink het dit is wat hulle moet doen, anders word hulle vervolg! Mense is destyds gedreig met toesluit en tronksraf indien hulle nie alles nakom soos deur die wet bepaal is nie.
Daarom het instansies soos SAGA in die hof gaan veg teen die nuwe wet om te keer dat mense hulle wapens onnodig verloor.
Natuurlik het baie mense alreeds hulle wapens ingehandig of verkoop.

André ·

Verder Piet, hoekom is jou ou lisensie nie meer geldig nie as jy nie ń misdaad gepleeg het nie? Hoekom ń nuwe proses, was maar alles goed beplan om mense vrywilliglik te dwing om hulle wapens in te handig.

Johan. H. ·

Wat moet die publiek nou eintlik doen, Nou die dag se daaie een nar polisie moenie betrokke raak by sivielle inisiatiewwe nie, nou vra hulle hulp, klim agter jul rekenaars uit en gaan doen bietjie voetwerk. Van julle is ysters sekeres nie.

Wanda ·

Jy is reg Piet! Mense wil te gemaklik wees en dan skuld op almal pak. Ons het nog steeds al ons wapens. Moes tot vertoë rig deur baie dinge gaan maar my man het voet by stuk gehou….Geen van sy wapens gaan nerens heen nie

Wies wie ·

Hoe weet mens van wat se afkoms die slagoffers was? Julle praat net van mense en mans, so hoe moet die publiek help soek na die verdagtes of probeer uitvind wie die slagoffers was? Baie moeilik in SA wat die afkoms van die mense vanwee politieke redes weerhou word, maar dan die publiek se hulp vra om MANS en MENSE te help soek. Daar is 50 miljoen in SA, kies julle maar self. Toe Afriforum hulle hulp aangebied het is die polisie GEWAARSKU om nie saam met hulle te werk nie .. so doen maar self die werk .. julle word mos betaal daarvoor? Ek sien 10111 staak nou omdat hulle dieselfde ‘voordele’ as ander werkers wil he, kan nie glo dat die noodlyn in ‘n land gevange gehou kan word deur STAKERS nie! Waardeer eerder julle werk!

Juan viviers ·

Mense die probleem le by die wit mense ons is die slegste nasie wat bestaan kyk hoe staan die swartes saam maar ons kan nog nooit saam staan nie hulle strike en wen slaan een swarte en kyk hoeveel staan om jou maar laat daar een wit mens half dood le langs die pad en kyk hoeveel wit mense biet om hulp nie een nie

Ai ·

Ja Juan ek stem saam met jou. Ongelukkig strek dit al so ver terug in ons geskiedenis en twyfel of dit gaan verander. Ons lees elke dag van die mees gruwelikste dade teen ons Boere en ons (insluitend die boere) gaan maar net aan met ons lewens want die volgende dag is als vergete. Staan saam vir wat reg is, maar Blinde patriotisme het ook erge nagevolge.

Anoniem ·

Juan, so jy reken ons is sleg? So elke keer wat ek betrokke raak, wenke vir die S.A.P.D deurgee en dwelmhandelaars a.g.v daarvan van die straat af verwyder word, is ek sleg en doen ek niks? Nee wat, ek dink jy moet dink voordat jy praat! Alle blankes is nie so sleg as wat jy wil voorgee nie, sommige van ons doen ons ou deeltjie al is dit hoe klein.

Hennie ·

En die polisie vra hulp! Toe die eerste skote klap het elke polisielid seker die hasepad gekies . . . jammer om te hoor ons polisie het hulp nodig maar ons verstaan . . . . !

Vra net ·

Vra net: Is hulle kort, lank, skraal, dik, geset, maer, gelaatskleur maar ek neem aan deurskynend?

Doring ·

Okay, so hoe exactly gaan mens hul kan bel met inligting as die 10111 nommer operators dan nou gaan staak??? Wonder maar net.

Anoniem ·

Dan bel jy maar die plaaslike SAPD of rapporteer dit aanlyn op Crimeline.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.