Polisie vra hulp ná verdagtes uit tronk ontsnap

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Grootskaalse polisiesoektog is Saterdag van stapel gestuur nadat vyf verhoorafwagtende verdagtes uit die Secunda-gevangenis ontsnap het.

Brig. Leonard Hlati, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn lid van die publiek het die polisie Saterdag van die verdagtes se ontsnapping ingelig nadat hy hulle in die omgewing gesien het.

“Die omstandighede rakende hul ontsnapping is egter steeds nie bekend nie, en ʼn ondersoek is onmiddellik van stapel gestuur,” het Hlati gesê.

Een van die vyf verdagtes is intussen vasgetrek.

Drie van die verdagtes is in hegtenis geneem vir winkelroof, terwyl die vierde verdagte vir verkragting in hegtenis geneem is.

Die provinsiale kommissaris van Mpumalanga, lt.genl. Mondli Zuma, het ook Saterdag ʼn beroep op die polisie gedoen om die ontsnaptes so gou moontlik vas te trek voordat hulle “verdere skade aan die gemeenskap aanrig”.

Zuma sê indien ʼn lid van die publiek wel die verdagtes sien, moet hy of sy hulle liefs nie konfronteer nie, maar eerder die polisie in kennis stel.

Meer inligting oor die verdagtes:

  • Karabo Mkhwanazi (29) is in hegtenis geneem vir winkeldiefstal.
  • Buti Absalom Nxumalo (26) is in hegtenis geneem vir winkeldiefstal.
  • Fanyana Vincent Jiyane (30) is in hegtenis geneem vir verkragting en gewone roof.
  • Siyanda Dlamini (34) is in hegtenis geneem vir winkeldiefstal.

Mense met meer inligting word versoek om lt.kol. Dumisani Mbokane te bel by 082 556 5630 of die Misdaadnoodlyn by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

zoom zoom ·

Hulle moet maar hulp soek van ons nuwe SAPD minister. Hy het antwoorde oor hoe om met boewe se gal te wek behalwe vir mr1,en sy saxpnworld tjommas

Pork Chop ·

Maroela Media. Probeer asseblief fotos kry wat mense kan rond stuur van hierdie artikels af aangaande die verdagtes. Sosiale media is soos ‘n veldbrand waneer dinge gebeur. Byvoorbeeld Spur. Ek dink as die polisie vra vir hulp en name word gepubliseer is dit soortvan sinneloos. Name kan verander. Fotos nie. Asseblief probeer daai informasie ook kry. En publiseer dit.
Groete.

Marietjie ·

Pork chop, ek stem saam met jou. Vroeër jare het hulle dit Police File genoem, en ja, ek glo nie jy gaan so happy go lucky wees, as almal weet hoe jy lyk nie!!

snoefie ·

die ngo-sekuriteitswag wat die gevangenes moes oppas het seker n langer etensuur geneem. goeie geeftag.
gevangenes wat uit die hof stap
gevangenes wat uit polisie aanhouding ontsnap
polisie wat deur sekuriteitswagte opgepas moet word
polisie wat roof, verkrag, moor.
polisie met n sak hok asmapompe
polisie konstabeks so vet. hulle Jan nie loop nie, laat staan hardloop om n kriminele te vang
polisie wat omgekoop kan word
BRING ASSEBLIEF DIE NP POLISIE TERUG!

Ramkat ·

Baie duidelik is n polisie man of twee hier omgekoop.

Geen rekenskap sal van hulle verlang word nie, a la Namawan.

Landi Maree ·

Hoe is dit moontlik
Ek kan ni glo jy ontsnap net so maklik ni daar moet iemsnd binne wees wat jou hekp
Dis belaglik
Plaas di fotos dat di gemeenskap nou maar di polisie se werk vur hulle doen

Terrance Balfour ·

Ek het in die laat 90’s by die stasie gewerk. Sonder hulp van binne is daar geen kans dat iemand uit die selle kan ontsnap nie..

SARIE VAN HEERDEN ·

Die polisie soek hulp van die gemeenskap om kriminele te vang!!!??? Hoe pateties as jy dink hul behoort goed opgelei te wees vir hul werk! En dan wonder ons hoekom die hele land een groot chaotiese vrot plek is. En as hul wel aangekeer word wat dan? Kyk maar net na die president met die magdom kriminele klagte teen hom. JY STEUR JOU NET NIE DAARAAN NIE. KLAAR!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.