Polisie vra hulp ná Wellington-plaasaanval

Ludwig Uys en sy vrou Melanie (Foto: Facebook)

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting wat hulle kan help in hul ondersoek na die aanval op ʼn egpaar en hul drie kinders tydens ʼn braai op hul plaas in die Wellington-omgewing.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die omstandighede rakende die voorval wat omstreeks 20:45 op 5 Oktober 2018 op ʼn plaas naby Wellington plaasgevind het, word ondersoek.

“Vyf gewapende aanvallers het toegang tot die plaas verkry, ʼn wapen op die vrou gerig en haar man aangerand. Hul het ʼn haelgeweer uit die kluis en verskeie ander items uit die huis gesteel voor hulle van die toneel gevlug het,” het Traut gesê.

Een van die ringe wat tydens die aanval gesteel is. Foto: Verskaf.

Maroela Media het vroeër berig  Johandré van Zyl, streekshoof van gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê Ludwig Uys (41) is met ʼn koevoet oor sy knieë geslaan en Melanie is met ʼn mes aangeval. Sy het steekwonde in haar bolyf en hande opgedoen. Hul drie kinders, onderskeidelik vier, agt en tien jaar oud, is ongedeerd. “Die gesin is in hul instapkluis toegemaak. Die aanvallers het vuurwapens gesteel en van die toneel gevlug.”

Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes hulle bevind of kennis dra van die gesteelde goedere, kan sers. Cornelius van Rooyen by 083 951 5757 of die misdaadhulplyn by 08600 10111 skakel.

“Alle inligting sal as streng vertroulik hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Noellene ·

Wat nie gesê word nie is dat hulle gemartel is. Die mamma se bene oopgekloof met n panga op verskeie plekke en in n boom opgehang is…..
Maar steeds is hier nie n probleem met plaasaanvalle nie. Al kry die polisie al die hulp in die wêreld gaan hulle dit nie stop nie.

Piet ·

Noellene, waar kom jy aan jou inligting? Niks van die aard het met Melanie gebeur nie. Ek ken hierdie mense en jou inligting is verkeerd

Pieter ·

Alles gaan oor wapens kry, groot probleem en die polisie is te pateties om iets te doen. Wat sê daai sleg skelm, ons president CR?

VanAfrika ·

Sjoe! Inligting wat van die publiek weerhou word. So jammer om dit te hoor

Adri ·

Die polisie (en regering) wil nie regtig gehelp word om plaasaanvalle te keer nie. Hulle het dan juis die kommando-stelsel tot niet gemaak om plaasaanvalle moontlik te maak. As hulle regtig gehelp wil word, moet hulle weer die kommando-stelsel op die been bring. Maar dit sal die rewolusie stuit.

Kwagga ·

Die dam wal gaan breek…….dis bitter naby. Dan wil ek graag sien hoe mnr CR dit gaan hanteer……want dit bestaan mos nie!

Kellies ·

Volgens CR bestaan plaasanvalle nie. So hoe kan die Polisie dan vir hulp vra na iets wat nie bestaan nie???

Wenner ·

Dit het baie naby my gebeur. Gemeenskap is ” up in arms” hieroor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.