Polisie vra hulp om ‘bedrieër’ op te spoor

Gerhard van Rooyen

Die polisie het die hulp van die publiek gevra om Gerhard van Rooyen, wat ook die naam Gerrit Cornelius van Rhyn gebruik, te probeer opspoor.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Van Rooyen word deur die polisie gesoek in verband met verskeie bedrogsake wat teen hom aanhangig gemaak is.

Volgens Zwane het Van Rooyen glo in Maart 2013 in koerante en op sosiale media advertensies geplaas oor ʼn huis wat te huur is. “Wanneer mense hom sou kontak het hy hulle glo gevra om ʼn deposito in ʼn rekening in te betaal. Hy het glo dan die geld na ʼn ander rekening oorbetaal en verdwyn.”

Zwane het gesê in ander gevalle het Van Rooyen glo ʼn voertuig verkoop en weer eens voornemende kopers versoek om die geld in ʼn rekening in te betaal. “In een geval het hy glo ʼn persoon gekry om R12 000 in sy vrou se rekening in te betaal. In ʼn ander geval het ʼn vrou van Klerksdorp glo R30 000 in sy rekening inbetaal vir ʼn motor wat hy wou verkoop.”

Volgens Zwane is Van Rooyen in Maart vanjaar in Gansbaai in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. Hy is later op borgtog van R8 000 vrygelaat en beveel om elke Woensdag by die Villieria-polisiestasie in Pretoria aan te meld. Van Rooyen het intussen weer verdwyn.

Enigiemand met inligting oor Van Rooyen word versoek om ao. Lourens Lemmer by 081 531 3785 of 012 335 2818 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lea ·

Kan n mens nog in vandag se tye SO dom wees..ek wens ELKE korrupte persoon moet n gekleurde kol op sy neus ontwikkel, sodat ALMAL kan SIEN hy is skelm, en hoe meer skelm hy/sy is, moet sy/haar neus sommer afval! Goeie genade man,waar gaan dit eindig?

AJ ·

Weet die polisie doen heeldag niks nie, dan kort hulle nog hulp ook. Ek sal se ons moet “bounty hunters” kry – dan sal die poppe dans!

Wouter ·

Aj, ja ek stem maar ook wil ek jou sê dat in hierdie geval het die polisie gewerk maar die hof sisteem het gefaal. Die man moes nie borg gekry het nie. Nou moet die polisie weer werk om hom agter tralies te kry nadat hulle welslagend hom daar gehaad het. Die hof was onosel.

Andre Traut ·

Aj wat n eensydige opmerking. Jy kan nie alle polisiede oor jou kam skeer nie. Ek is seker as jy net n klein bietjie moeite doen weet ek jy gaan sien daar is wel polisie lede wat kan en wil en wel werk.

Ralie ·

Hoe dom moet n mens wees om sulke groot bedrae geld oor te betaal vir goed wat nog nie eens gesien is nie! Mense dis jul eie skuld dis die NEW SOUTH AFRICA as mens n voertuig koop dring aan op die papiere en kyk of die enjin en chasis nr ooreen stem met die van die papiere en gaan doen n clearance op die voertuig by jou naaste polisie stasie niemand kan meer te versigtig wees nie! Die wêreld is vol SKELMS

Mike ·

Wie betaal geld sonder om iets te ontvang…….dit is nie net dom nie maar onnosel ook……hoop hulle stuur hom eers tronk toe vir 10 jaar en verhoor hom daarna.

Asmain ·

Mense doen veral besprekings vir vakansie akkommodasie ter goeder trou. Ons bly in n klein vakansie dorp en dit gebeur elke Des dat mense opdaag vir n vakansie dan weet die permanente inwoner van die huis niks van die “verhuring” nie of die agent het dieselfde huise n paar maal vir dieselfde tydperk aan verskillende mense “verhuur” en dan verdwyn met die geld!

Maya Roon Joubert ·

What’s good for the goose is good for the gander… Geen wet en orde almal maak mos net soos hul wil met so ‘n president kan daar net wanorde wees!

André ·

Dis hoekom borgtog nie ‘n goeie idee is nie. Hulle het hom gehad, nou soek hulle hom weer.

Marinda ·

Word nou genoem Duty Calls as ek reg onthou. Op een van die SABC kanale.

Tammy ·

Ek het al duisend maal gese die gebruik van “borgtog” moet uit die stelsel verwyder word. Dis mos nou al bewys dit werk nie. Nee, man

Irene ·

Kry mens nog so dom mense wat geld so oorbetaal in SA hulle eie stupid fout lees dit al hare terug hoe skelm hul is

CHRISTA ·

Ek wonder hoekom die polisie nie ook agter die
Guptas, Zuma en sy trawante aangaan wat MILJARDE van ons gesteel het nie? Of is dit hulle vertolking van “redistribution”?

Ada ·

Jip dit is Gert van Rooyen die pedofiel se kind lees ek vanoggend. Die DNA is oorgedra na die kind toe. Miskien weet hy iets van die vermiste meisies?

Deon ·

More, Christa… -:) Re: Distribution – Jip, wat is die verskil nou eintlik. Die woordjie bedrog / “Wet en Reg” is net van toepassing op die gewone ou, nie op die “Elite” nie. Wonder of daar n klassifikasie op Identiteits Kaarte / Dokumente voorkom waar daar kwytskelding gemaak word vir “Die Elite” vir Bedrog, Diefstal, Korrupsie ensomeer.

” Disadvantaged” Jan Alleman hoef nie te wonder oor wie val in die kategorie nie. As daar nou regtig iemand wat heel voor in die ry moet staan vir “Redistribution” moet dit die Khoisan (Boesmans) wees, hul was die eerste inwoners van Suid Afrika “2000 jaar terug” ……Die Gupta’s “India” en die Zuma’s “Wes Afrika” wat hulself verryk uit Suid Afrika “Resources – Geld” wat net “Vat”, (definitief nie deel van hulle Inheritance nie) wat maak enige van hulle wat aandadig is aan bedrog dan nou anders as ” Gert van Rooyen”. Die verskil in die Sirkus wat ons Suid Afrika noem is dat “Gert van Rooyen” vervolg sal word en die “Ander……” daarmee wegkom. En daar is “Reg en Geregtigheid” in die land.

Wie is baas v.d wat hul moet vervolg…..

Chris ·

Gerrit van Rooyen het met my voertuig verdwyn nadat hy n deposito betaal het. Die Wonderboompoort SAPD reken my daar bestaan nie n klagte van diefstal onder valse voornemens nie.

Amelia ·

Ja, te bekend. Ek sou niemand met daardie naam vertrou nie.

Anoniem ·

Sorry as jy wil dom wees moet jy maar voel. Mens betaal nie vir iets voordat jy dit nie ontvang het nie. Selfde met n huur van n plekkie. Hoe betaal jy n deposito in iemand se rekening en jy het plek nie gesien, geen kontrak aangegaan en seker gemaak alles is legal nie. Nee wat daar is nie medisyne vir domgeid nie!!!!!!!

Tammy ·

Ja, mense jou gene praat baie hard. My ouma het altyd gese ” My kind gemors teel gemors” dit kan nie anders werk nie. Ouma was n grapjas maar het soveel waarhede kwyt geraak, mis haar wysheid so baie in ons lewe.

SARIE VAN HEERDEN ·

Bedrog kom ook voor onder vervaardigers en verhuurders van spring kastele (Jumping Castled) . Hulle is nou aktief in Pretoria en Johannesburg en die verhuurders kom niks verder met die polisie en ondersoeke nie. As net een gesteel word is dit vanaf ‘n R15,000 verlies.

SARIE VAN HEERDENS ·

Meeste van die springkasteeldiewe is gewapen met ID’s (vervals), motorregistrasienommers (waarskynlik vervals) en bewys van woonplek waarskynlik ook vervals. Verhuur maar liewer aan mense van jou kerk dan weet jy minstens waarna jy soek as jou kasteel soek raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.