Polisie vra hulp om man op te spoor

James Michael Allen. Foto: Verskaf

Die Vrystaatse polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na James Michael Allen (42), ʼn inwoner van Welkom, wat in Mei spoorloos verdwyn het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê Allen is verstandelik gestremd en het glo ʼn drankprobleem.

“In Mei het hy ʼn uitval met sy pa gehad, die huis verlaat en gesê hy gaan na sy suster in Meyerton in Gauteng toe. Sedert hy die huis verlaat het, het hy nog nie met sy familie in verbinding getree nie. Sy ouers het al orals waar hulle kon vir hom gesoek, maar sonder sukses,” het Thakeng gesê.

Allen het sy huis verlaat sonder om enige klere of sy selfoon saam te neem. Hy is skraal gebou, 1,8 m lank en het ʼn kaalkop.

Enigiemand wat weet waar Allen hom mag bevind, word versoek om ao. Maryke Greyling by 057 391 6278 of 076 213 8443 te kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gesiggie ·

Ek hoop van harte dat die man opgespoor kan word, dit is nou al n lang tyd? en vir iemand in sy toestand is dit nie goed… sterkte aan sy familie, hoop dat jul goeie nuus sal ontvang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.