Die polisie in Bloemfontein in die Vrystaat het mense dié week gewaarsku teen ʼn nuwe slenter waardeur talle inwoners van die provinsie glo reeds derduisende rande verloor het.
Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, sê verskeie klagte van inwoners van die provinsie word tans deur die Valke ondersoek.
Kareli sê daar word beweer dat ʼn maatskappy onder andere staatsamptenare nader en hulle oortuig om uit hul werk te bedank, hul pensioen te onttrek en dan in die maatskappy te belê waar die geld na bewering sal verdubbel.
“Die mense wat dan wel hul pensioenfondse aan die maatskappy oorgedra het, kom net voor ʼn leë gebou te staan wanneer hulle die kantore besoek,” sê Kareli.
Volgens hom werk die verdagtes glo in en om Bloemfontein en Welkom, maar die polisie waarsku dat die sindikaat dalk na ander dele van die land ook kan uitbrei. Kareli sê mense wat al vir jare by ʼn maatskappy werk en ʼn stewige pensioen bymekaargemaak het, val ook dié slenter ten prooi.
“Ons het sake aangegee vir elkeen wat reeds ʼn slagoffer van die slenter was en wil nou die publiek daarteen waarsku,” sê hy.
Enige ander slagoffers van die slenter word versoek om kol. George Mafoyane van die Valke direk te bel by 082 373 9259.
Ai dis jammer mense is so dom en gierig. Of desperaat.
Dis mos net dom om vir so iets te val?
As jy dom is moet jy maar voel!…Wanneer leer die mense?!!
Riaan ek stem saam.
Hoekom jou werk bedank wat ‘n vaste inkomste is vir ‘n baie onskekre inkomste op lewer met geen kapitale groei nis.
Kan nie glo mense val wraggies nog steeds vir die skelm streke nie
Gierigheid is ‘n lelike ding en die liefde vir geld die wortel van alle kwaad!
Elke sport het sy eie beserings en as jy deelneem loop jy die risiko om seer te kry!
Eish……..Welkom tot ons pragtige Fools Paradise.
Ek kan nie dink dat mense val vir sulke strooi nie, Kyk mense nie om hulle nie? Lees mense nie koerante en kyk televisie nie? Hoe val mense elke dag vir sulke slenters. Ek verstaan sit nie.
Hoekom sê die polisie en julle nie wie die mpy of die naam onder wie hierdie hierdie skelms werk nie..???
Dink daar aan…. Dat as hierdie mense nou hulle geld “verloor” het…. Dat sal by dra tot Misdaad…. want nou is hulle nie instaat om hul geliefdes te versorg nie…. of hulle doen aansoek vir Staats Pensioen ….wat dan bydra tot n grooter las vir die staat…. Maar dalk is ek verkeerd in my Denke….
Gierigheid. Daar is nie so iets Soos quick money nie..
Nooit, n mens bedank nie jou werk nie! Veral nie in Suid Afrika nie, want weer werk sal jy nie kry as jy nie n karakter is nie. Daar is nie pille vir domgeit nie.
As julle elkeen vir my R100-00 stuur, dan laat ek weet hoe julle die mpy naam kan kry! :-)