Polisie waarsku ná talle rooftogte

Argieffoto: SAPD

Die polisie in KwaMashu het alle Uber- en metertaxibestuurders gewaarsku teen rowers wat voorgee om kliënte te wees in die omgewing.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê dié waarskuwing kom ná verskeie rooftogte aangemeld is waar misdadigers voorgegee het dat hulle kliënte is en by restaurante, nagklubs of ander plekke opgetel wil word.

“Die verdagtes sal wapens op die bestuurders rig en al hul besittings en motors steel,” het Mbhele gesê.

Mbhele sê ’n 41-jarige bestuurder is op 31 Desember omstreeks 22:15 beroof toe hy ’n kliënt gaan aflaai het wat net ’n klein hoeveelheid van die fooi betaal het.

“Die persoon het vir hom gesê hy moet wag op iemand wat die volle bedrag sal betaal. Daar is toe ’n wapen op hom gerig en hy is van kontant en twee selfone beroof.”

In ʼn tweede onverwante voorval is ʼn 24-jarige bestuurder Maandag omstreeks 23:20 gekontak om ʼn passasier in Phoenix in KwaMashu te gaan optel.

“Toe hulle by die bestemming aankom het die verdagte ʼn vuurwapen uitgeruk en dit op die bestuurder gerig. ʼn Tweede verdagte het die toneel genader en ʼn selfoon geëis. Hulle het kontant gesteel en die man is gedwing om in die motor se kattebak te klim.”

ʼn Saak van rooftog word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

So? ·

So, wat stel die polisie voor wat moet gedoen word om dit te voorkom? Net ‘n waarskuwing beteken niks, daar sal lokvalle gestel moet word deur natuurlik die polisie!

Shaun ·

Daar word n saak van ” rooftog ” ondersoek ? Sekerlik word n saak van gewapende roof of slegs roof ondersoek ?

Hans ·

Wou ook vra moet dit nie ook gesien word as poging tot moord aangesien die wapen op die persoon gerig was nie? Om n waarskuwing uit te stuur is net om die mense bewus te maak sit gaan niks oplos nie. Tog weet ons ook dat mens moet jouself help en beskerm want die polisie kan onmoontlik orals wees…….. Ek stem saam nou dat hul die modus operandie weet is n lokval tog die beste.

KAART ·

UBER Moet net online betalings vat .. hou op om kontant te vat .. julle stel julle eie lewens in gevaar. UBER werk great .. betaal online en jy en hy het ‘n bewys hys betaal. LOS nou maar die kontant in ‘n land waar misdadigers seevier. Waarskuwings HELP NIKS< kom met OPLOSSINGS POLISIE!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.