Die polisie het by monde van ʼn woordvoerder gesê hulle het met kommer kennis geneem van ʼn fopnuus-storie wat tans die ronde op sosiale media doen waarin ʼn dokument wat kamtig van die polisie afkomstig is, versprei word.
Die dokument wat versprei word, het die amptelike SAPD-wapen bo-aan asook ʼn skynbare polisiestempel onderaan. In die dokument word beweer dat daar onder meer grondgrype, betogings en plundering van 18 April sal plaasvind wat sal opbou tot ʼn staking deur lede van al die groot vakbonde op 25 April.
Die dokument wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, voer aan dat dié aksies in alle groot stede soos Johannesburg en Pretoria sal plaasvind “sowel as ander groot stede in Suid-Afrika”.
Die dokument beweer ook dat paaie en snelweë versper sal word en diegene wat nie aan die betoging deelneem nie gedreig, geïntimideer, seergemaak of selfs vermoor sal word.
“Die polisie wil dit onomwonde stel dat dié nie ʼn egte polisie-dokument is nie en die aantygings wat daarin gemaak word, is vals en misleidend,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.
Mogale het gesê die verspreiding van sulke valse inligting is roekeloos, onverantwoordelik en onaanvaarbaar. “Dié uitlatings is duidelik daarop gemik om paniek te saai en vrees in te boesem en moet op die sterkste moontlike manier veroordeel word. Dit is ʼn uiterste minagting van die wet,” het Mogale gesê.
Mogale het bygevoeg sosiale media is ʼn waardevolle platform vir gemeenskap en die polisie, maar fopnuus en slenters saai nie net paniek onder gemeenskappe nie, maar mors ook die polisie se tyd en hulpbronne.
Die polisie het ʼn beroep gedoen op almal wat die dokument publiseer, gesien of ontvang het om dit te ignoreer en hulself daarvan te weerhou om dit te versprei.
Suid- Afrika kook vandag, mensig!!! Die regering moet dit verseker aan sy bas voel.
Dit is belaglik ons het ook grond gryp in Koster in Noordwes vandag waar hulle ‘n swart boer se grond vol pennetjies gaan kap het reg agter Koster gekombineerde skool. Ek weet nie waar gaan sy beeste loop nie. En ek sien niks op die nuus nie hoe kan ek dit opsit of die media hier kry…..
Daai is n regte dokument man! Nou maak hulle dit kastig af as fals… Want dit was nie veronderstel om uit te kom by die publiek nie. Kyk, sal ek en baie ander nou bitter graag wil glo dat dit fopperig is…
Miskien moet die Polisie begin om beter prosedures aangande media te implementeer. Hierdie ou ink stempels is te maklik om te vervals. Miskien is dit een van hulle eie lede wat die boodskap gestuur het? Waar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuurtjie?
Daar is n polisie stempel op so ek is nou nie n genius soos die polisie nie maar waar sal hy sê kom dit vandaan , apteek ,kfc die bakkery dalk.??
Matt, Maroela se kontakbesonderhede is hier op die blad, stuur hulle ‘n e-pos, Hul telefoonnommer is 012 644 4300.
Waar n rookie is?
perfekte manier om n’ idee/konsep oor te dra en te wag vir die ‘regte gefrustreere’ om dit op te tel en te hardloop daarmee…
Ek wens ons kan emigreer na n veilige goeie land.
??
Hierdie betrokke brief kan nie net afgemaak word as vals of ‘n foefie nie, want dot dra ‘n amptelike stempel asook die betrokke Kaptein wat die kennisgewing uitdra na die publiek. Hierdie versteekt agenda’s stel mense se lewens in gevaar. Die land is aan die brand dan word daar gese daar is geen probleme.
Die grond besetting gaan nog die oorsaak wees van erge bloed vergieting in hierdie land. ??
Dit is reeds die geval.
Eers was dit en is nogsteeds die terroriste aanvalle op die plase nou grond kaping ….wat is volgende???
Jy waag nou regtig jou lewe om S.A. toe te gaan.. NZ
Word wakker. Hulle gaan die grond in elk geval gryp – met of sonder ‘n dokument. Dit is net ‘n kwessie van tyd.
Ek kag my gat af, want die SAOD kan nie eers ‘n karwag vastrek nie!!*
Ek noem dit net…maar dis BAIE maklik om so ‘n papiertjie “eg” te laat lyk deur ‘n paar goedjies net te “copy” en “paste” in ‘n program soos Photoshop.
That being said, dis maar moeilik om te vertrou wat gesê word deesdae…
Maar die nuus is uit…….
of hulle nou kamtig verskoning maak of nie…
Of dit nou waar is ofte nie, dit is net n bewys wat in n bose mens se hart omgaan. En tog is almal ongeag watter ras ookal bewus van die onheil wat broei.
Mens wonder waar kom die goed vandaan? Vandag is dit ‘n rumour volgende week gebeur dit. Is dit iets wat julle probeer toesmeer en wegsteek en dit per ongeluk uitlek of is dit weer die ‘regses’?? Strange dat daar soveel STEMPELS EN HANDTEKENINGE op die einste brief is van ‘n polisie-beampte?? Bietjie uitgevang of wat?