Polisie waarsku oor ‘roekelose’ aanstuur van grafiese video

(Foto: pixabay)

Die polisie in Gauteng het mense gemaan teen die aanstuur van ʼn video op sosialemediaplatforms waarin gesien kan word hoe ʼn man en ʼn vrou in ʼn plas bloed in Akasia, in die noorde van Pretoria, lê.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het gesê die verspreiding van die video is “onsensitief en roekeloos”.

Masondo sê lede van die Akasia-polisie het Dinsdag op die skietvoorval in die parkeerterrein van ʼn woonkompleks in Orchards gereageer, waar ʼn man glo ʼn 27-jarige vrou ná ʼn rusie doodgeskiet het.

“Die verdagte het homself daarna glo geskiet. Hy is na ʼn hospitaal geneem, waar hy met sy aankoms dood verklaar is,” het Masondo gesê.

“Mense word gevra om dadelik die aanstuur van die video en/of beelde daarvan te staak en dit selfs van hul toestelle uit te wis.”

Volgens Masondo is die opneem en verspreiding van inhoud van dié aard om geen opbouende rede nie uiters roekeloos en onsensitief teenoor die naasbestaandes en geliefdes van die oorledenes. Dit kan boonop ook die uitkoms van die polisieondersoek in die gedrang bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

RS ·

Stop die geweld en dan sal die neem van videos en foto’s as bewyse ook stop!

Daleen ·

Wys net hoe harteloos ons samelewing geword het. Hoe sou JY gevoel het as dit jou geliefde was wat daar gele het. Daar is net geen menslikheid meer in die wereld nie. So hartseer.

Byekonfyt ·

Dit gebeur wanneer sensasie bo medelye en sosiale etiek gestel word.

Gatvol... ·

Ek stem 100% saam. Dit ontstel die naasbestaandes, dit is so. Maar as die boere op die plase vermoor word, dan word daar nie gedink aan naasbestaandes nie. Ek glo ook nie ons stuur dit ‘roekeloos’ aan nie. En dit maak nie meer saak watter ras en geslag so vermoor en gemartel word nie, ek glo die wereld moet weet. Alles word mos toegesmeer

shari ·

Het mense nie beter dinge om te doen as om ontstellende materiaal rond te stuur nie.Nee Maytag man

Annelien ·

Hoe moet ons weet wat aangaan as slegs uitgesoekte nuus ons bereik? Sorry SAPS, social media is daar om te bly en ons sal dit gebruik tot ons voordeel. Ons het geen voordele in hierdie land oor nie anyway.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.