Polisie waarsku persone met huurmotors

Argieffoto (Foto: LauraTara, Pixabay)

Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn paar veiligheidswenke gedeel met persone wat motors huur, in die lig van ʼn huisroof wat die naweek in KwaNobuhle plaasgevind het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van ʼn huis in KwaNobuhle het Saterdagaand omstreeks 21:30 wakker geword toe iemand by die agterdeur wou inbreek. “Twee mans, gewapen met vuurwapens, het dadelik in die huis ingestorm. Die man en sy meisie is met vuurwapens gedreig terwyl een van die inbrekers die huis geplunder het,” het Nkohli verduidelik.

Die inbrekers het met drie selfone, ʼn plasma-televisiestel en ʼn skootrekenaar gevlug. “Die verdagtes het daarna in die slagoffer se gehuurde Volkswagen Polo gevlug, wat later, ongeveer 3 km verder, verlate aangetref is.”

Nkohli het gesê die polisie doen ʼn beroep op voertuigeienaars, veral diegene met gehuurde motors, om veiligheidshekke te installeer om hulle tyd te gee om die polisie te kontak of die aandag af te lei wanneer diewe besig is om te breek. “Voertuigeienaars moet ook seker maak dat die sleutels van die motor en enige ander sleutels nie op ʼn tafel lê of op ʼn plek waar mens dit maklik sien nie, wanneer hulle gaan slaap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

?? ·

?? ?? Dubbel ?? …en die huurmotor het wat met ‘n huisbraak uit te waai? Of het MM dalk ‘n paragraaf of so uit die berig gelos?

Johanna Botha ·

So as ek n motor huur moet ek n hek instaleer waar ek dan gaan oornag ….dis simpel raad ..kan die polisie nie net eerder hulle werk begin reg doen en proaktief begin optree as om heeltyd net agter reaktief te wees …..DOEN ASB net julle werk reg en begin die diewe te VANG ! En as jy hom het sorg dat hy nie ontsnap uit aanhouding en dat hy gestraf word…. is dit dan SO moelik ?

wielie ·

Rerig?? het huur motors nie opspooring stelsels nie? Meeste van die voertuie wat gebruik word vir roof is ook gekaap…….

Theresa ·

Die regering moet konsentreer op misdaad. Nie skeltaal, mense wat reeds lisensies vir als het om hul nog meer oor die kole te haal ens. ens. nie – maar BEKAMP DIE SKANDELIKE MISDAAD!!!! Nee, mens kan nie meer en meer doen om mensself teen die vieslike misdadigers te beskerm nie. Dis die regering se PLIG om wettige inwoners te beskerm deur misdadigers en rondlopers vas te vat. Komaan, doen wat jul moet doen!

ASKIES? ·

Ek verstaan regtig nie wat het die HUURMOTOR met enigiets uit te waai nie? As jy ‘n veiligheidshek installeer as jy ‘n huurmotor of jou eie motor gebruik gaan jy veilig wees, maar jou voertuig nie, so wat op aarde het die huurmotor met enigiets uit te waai? Moet jy met jou karsleutels onder jou kopkussing slaap of dalk in die kluis? Wat sou julle voorstel? CLAMP down op misdadigers en hou op om vir ons instruksies te gee waar en hoe ons ons sleutels in ons eie huise moet bere . die SKELMS HOORT BUITE!!

Nettie ·

@ASKIES? Nee, ek verskil van jou – skelms hoort nie buite jou huis nie – HULLE HOORT BUITE DIE LAND SE GRENSE, in hul eie lande, waar hulle hul misdaad na hartelus kan pleeg en ons dan nie ‘n snars omgee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.