Polisie waarsku teen aanlyn slenter oor werk

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie waarsku teen ʼn aanlyn slenter wat mense per SMS uitnooi om aansoek te doen om sogenaamde polisieleerling-betrekkings in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die “betrekkings” word ook op gratis advertensiewebwerwe geadverteer.

Die slenter behels glo dat die aansoekers geld moet inbetaal om seker te maak dat hul aansoeke suksesvol is.

Die polisie het die publiek gewaarsku om nie vir dié slenter te val nie. “Daar is tans geen polisieleerling-betrekkings in die SAPD beskikbaar nie,” het Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Naidoo het verder gesê dat hulle beslis nie betrekkings deur middel van SMS’e sal adverteer nie. “As daar wel betrekkings beskikbaar is, sal dit in koerante geadverteer word en die aansoekvorms is dan gratis beskikbaar by enige polisiekantoor.”

Volgens Naidoo is ʼn ondersoek van stapel gestuur om die skuldiges aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eddie ·

Yuuuuup!!!!!!!!!!!!! En more hoor ons dit was n lid van die SAPS wat dit seker gestuur het. Maak sin as jy kyk wie en wat nou dien in die SAPS almal kan mos nou werk kry daar.

MM ·

kan nog steeds mense wees wat daarvoor val, want hierdie boodskap kom nie by die landelike streke uit nie.

Ben ☺☺☺ ·

Dit is een of ander slim polisieman wat die slenter uitgedink het :-) , net so `n voorgevoel.

alida ·

Niemand anders as ‘n SAPD lid nie. Dit gaan seker op ‘n SAPD briefhoof ook uit om meer geloofwaardig te lyk. Vang hom en sluit hom toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.