Polisie waarsku teen dié ‘parfuum’

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die berig is intussen bygewerk. Meer inligting volg onderaan die berig.

Die polisie in Mpumalanga het Sondag ʼn waarskuwing uitgereik dat lede van die publiek nie sommer aan ʼn papier moet ruik waarop parfuum glo gespuit is nie.

“Indien enigiemand jou in die parkeerarea van ʼn winkelsentrum voorkeer en vra of jy belangstel in parfuum en dan ʼn papier vir jou gee om aan te ruik, moet dit asseblief nie doen nie,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is ʼn nuwe bedrogspul, dit kan moontlik dwelmmiddels wees en jy kan dalk jou bewussyn verloor indien jy daaraan ruik. Die misdadigers kan jou dan moontlik ontvoer of beroof.”

Volgens Hlathi is die inligting deur ʼn senior polisiebeampte aangestuur. “Neem asseblief kennis hiervan en stel ook ander hiervan in kennis.”

Ná verskeie persone Maroela Media gekontak het dat hierdie moontlik vals inligting kan wees, het Maroela weer by brig. Hlathi aangeklop vir verdere inligting en om te bepaal of daar moontlik enige gedokumenteerde voorval in Mpumalanga was. Hy kon nie onmiddellik enige voorvalle bevestig nie maar het mense wel gewaarsku om versigtig te wees. “Ons doen ʼn beroep op persone om ten alle tye bedag te wees wanneer vreemdelinge hul nader en onbekende dienste aanbied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Riana ·

Die probleem is dat ons te vriendelik probeer wees, veral ons vroue. Jy het nie nodig om met enige vreemdeling wat jou nader te praat nie! Jy het nie nodig om jou deur vir enigiemand oop te maak of enige persoonlike inligting met hulle te deel nie! Dis jou reg om onbeskof te wees veral waar jou veiligheid ter sprake is. As die voornemende aanvaller sien jy is moeilik sal hy ‘n sagter teiken gaan soek! Sê net hard en duidelik NEE! Maak lawaai as jy moet! Hardloop weg as jy moet! Hou tog net op om so nice te wees!

Cherokee ·

Dit is ‘n insident wat my by-bly. Ek weet nie eens meer in watter stad of waar of wanneer dit was of wat ek wou vra nie. Dit was dekades gelede en sy het na haar kar gestap en ek wou weet waar iets (seker ‘n winkel) was. Sy het na my gekyk, in haar kar geklim en terwyl ek met haar praat het sy haar deur gesluit en wiggery. Dat vroumense sò onbeskof kan wees maak dat àl wat ek van die insident kan onthou is haar gesig en onbeskofte optrede. Dit was nie eens in nou se vreesaanjaende jare nie. Dit was in die goeie ou tyd. Onbeskoftheid word nie maklik vergeet nie.

Spook ·

Ek was n ongelooflike vriendelike mens…. maar deesdae vind ek dit moeilik. Mens weet nie meer wil die persoon iets onskuldig vra of jou kom beroof nie. Maar ek voel elke keer sleg as ek daar weg ry en ek het n arme persoon igroneer, of ongeskik geraak…. Emosioneel uitputtend

Johann ·

Gewonder wanneer begin die mense met chemiese middels om te einde hulle doel te bereik

Jaco ·

Daar bestaan nie ‘n substans wat jou so kan aantas nadat jy aan ‘n papier geruik het met dit op nie. Wanneer, waar en met wie het dit gebeur? R100 000 sê die persoon wat die berig versprei kan dit nie staaf nie. Goed soos hierdie behoort eers geverifieer te word voor dit in openbare en sosiale media versprei word.

Ken2 ·

Dit klink vir my ook nie reg nie, is hier dalk iemand wat van chemie weet wat kan bevestig dat daar wel so n kragtige middel bestaan?

Kobie ·

Daar is wel so iets. As ek reg onthou is die naam iets soos “scopolamine”. Die verdowings middle word verkry van ‘n boom in die Amasone, ek dink dit is die Datura. Selfs waneer jy onder die plant sit kan jy geafekteer word. Dit word daar gebruik om dit in jou gesig te blaas, en jy sal dan jou volle samewerking gee, en alles wat jy het sommer weg gee, en jou bankrekening leeg maak en weggee. Jy sal dan absoluut niks onthou die volgende dag nie. Die CIA het dit in eksperimente gebruik as ‘n waarheids serum, maar dit nooit vervolmaak nie. Wat die rede was weet ek nie. Google gerus “Devils breath” , scopolamine, en Datura.

Daan Erasmus ·

Daar bestaan sulke middels. Maar net in die James Bond flieks. Nie in die regte lewe nie. Word wakker en ruik die rose of parfuum

Nidea ·

Ja ek wil ook met jou saam stem..as dit regtig so maklik was..en wat my nog meer irriteer is as n berg begin met die woorde van die Polisie wat n waarskuwing uitreik. Alle ketting briewe begin so..asof die Polisie werklik so baie omgee deesdae..

LB S ·

Rather safe than be sorry. Laat veral ons kinders eerder ingelig en veilig bly, mens weet nooit.

Paul ·

Sjoe, mense is darem goedgelowig!

Omdat iemand iets op die internet geskryf het oor “devil’s breath” of omdat hulle ‘n fliek gekyk het waarin “scopolamine” gebruik word, is dit mos nou alles sommer dokumentêre feite.

Ek kan herhaal wat Jaco geskryf het. Daar bestaan nie ‘n verdowingsmiddel wat jou jou bewussyn kan laat verloor as jy net daaraan ruik vir ‘n oomblik of twee nie.

Die lewe is nie ‘n 1960s spioenfliek waar mense chloroform op ‘n lap onder jou neus druk vir een oomblik en dan is jy bewusteloos nie! Vir chloroform spesifiek, moet mens vir etlike minute lank die dampe inasem voordat jy jou bewussyn verloor.
Scopolamine het nie die effek van ‘n “truth serum” soos wat mense wat te veel flieks kyk, dink nie, en selfs al word dit direk in jou bloed ingespuit, het dit eers ‘n bedwelmende effek na omtrent 20 minute. ‘n Dosis “devil’s breath” of scopolamine wat groot genoeg is om ‘n effek te hê, kan glad nie deur ‘n enkele inaseming ingeneem word nie, en selfs al kon iemand jou oorreed om ‘n hele sak vol van die goed te snuif, sal dit eers na meer as 20 minute enige effek hê.

Moenie so goedgelowig wees nie, mense!

Sune van Heerden ·

Dagsê Lourens

Dankie, ons is bewus van die waarskuwing op snopes.com. Ons wag vir terugvoer van die polisie in Mpumalanga om te bepaal of daar moontlik ‘n gedokumenteerde voorval in die provinsie was.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ouvrou ·

Riana nou praat jy. Ons moet maar ‘n onbeskofte nasie word, dis al wat help. Ons word om die bos gelei deur vriendelikheid. En dis ons ondergang.

Ken2 ·

Onbeskofte mense beskerm hulself. Sagt mense is sagte teikens vir bemarkers en misdadigers.

Ekke ·

Weet jy ek kan met alle vrymoedigheid se dit kan gebeur: my suster se dogter het dit oorgekom! Uit soos ‘n kers en van cell en handsak beroof!

MissDemeanor ·

O ja? Waar het dit gebeur, en wanneer. By watter polisistasie is die saak aangemeld?

Piet Pretorus ·

My suster se dogter se nefie se oom het dit ook oorgekom! Hoekom weet die polisie niks hiervan nie? Hou op om vals gerugte te versprei asseblief.

Andries Visagie ·

Soos ek ook in ‘n direkte boodskap aan Maroela genoem het: hierdie is op stadslegendes gebaseer en wat Jaco hierbo sê is reg. Ongelukkig is nie almal in die SAPD eers meer deesdae bekwaam genoeg om hulle oor sulke goed te kan uitlaat nie. Maroela, julle het ‘n goeie reputasie, hou dit liewer so en verwyder hierdie sensasiegedrewe berig.

foxi ·

Of dit nou in die parkeer area is…….of dit nou op jou selfoon is waar jy verpes word met n klomp snert wat mense aan jou wil afsmeer………….BLAMEER EK NIE MENSE AS HULLE ONGESKIK IS NIE!! Want jy weet nie wie opreg en wie boos is nie! Ek vertrou NIE eens n boemelaar nie………hierdie wêreld het so boos geword, dat jy nie eens meer n duit omgee vir jou medemens nie. So het elke mens mure om hom gebou vir sy eie veiligheid!

w ·

Ek is soma baie ongeskik indien mense my nader vi bedel. Die nuwe SA het van my n vreeslike ongeskikte vrou gemaak. So hier op di platteland val niemand my lastig ni

Henry McDonald ·

Byna soortgelyk aan die onlangse waarskuwing op sosiale media oor persone wat by wonings aandoen en sekere soorte politoer demonstreer en terwyl hulle dit op vloere/meubels aanwend veroorsaak dit dampe wat die huisbewoner/s sy/hulle bewussyn laat verloor word dan beroof en huis gestroop van elektroniese toestelle. Dit word egter nie genoem waarom die persone wat die politoer aanwend nie OOK bewusteloos raak nie…..dra seker gasmaskers….soortgelyke snert…..

Johannes van Staden ·

As jy eers wys jy gee iets dan word jy elke keer verpes as jy terugaan

Albert ·

Ag asb. Grootste klomp bollie en mense glo dit! En sneeuwytjie bestaan ek het haar vanaand gesien

Marsha ·

Ek wil net dankie se aan die polisie vir die waarskuwing.Dit is dalk nie die parfuum wat jou iets gaan laat oorkom nie, maar terwyl jy onskuldig vooroor buk om die parfuum te ruik spuit hulle iets anders in jou gesig.
Hou op om te maak asof iets nie met jou kan gebeur nie en wanneer iets wel gebeur wil jy en jou familie bohaai maak.
Luister na die polisie en moenie aan parfuum ruik nie, uit en gedaan, of dra die nagevolge van jou hardekwas houding.

John ·

Oppas juis ook vir mense wat uiters goed gekleed gaan… dis juis hoekom hulle so lyk. Wees-goed-vir-jou-naaste beteken presies dit… nie jou verste nie. Predikante wat preek oor handevat doen meestal nie huis- of hospitaalbesoeke nie… Hulle is te besig met die skryf van boeke oor naasteliefde ten spyte van eie liefdevolle lidmate in verbande. Ons kinders kry swaar want ‘oppas’ is die woord wat hulle die meeste hoor.

Phumba ·

Die parfuum sal jou dalk nie uitslaan nie (tensy dit die goedkoop Chinese gemors is) maar dis ‘n baie goeie afleidings taktiek. Sodra jy aan die “sample” ruik gee jy jou “omgewings oplettendheid”(?) prys en gee dit die booswig se makkers kans om jou te oorval. (kaping, roof, ontvoering)

My skoonpa is op ‘n soortgelyke manier beroof toe hy uit die bank gekom het. Een het ‘n bordkruit streep op sy baadjie se skouer getrek binne die bank (gemerk) en toe hy by sy bakkie kom, kom die behulpsame samaritaan en wys dit aan hom uit. Terwyl hy dit afslaan bekruip en oorrompel die makkers hom en steel sy sel, die werkers se lone en sy bank kaarte.

Poppie ·

Dit gaan dalk nie oor die parfuum nie. Tien teen een is dit crack of mandrax of watse poeier ook al wat op die papier is, wat jy insnuif as jy ruik. (Gelukkig weet ek nie hoe dit werk nie en wil nie probeer nie) Maar hoekom gaan iemand op n papier vir jou iets gee om aan te ruik. Spuit op jou vel. Problem solved.

Cherokee ·

Jàrre gelede het mense die storie loop en vertel van inbrekers wat gas in huise spuit en dan, nadat die inwoners aan die slaap geraak het deur die gaswalms, breek hulle in en steel. Verskeie mense by wie ingebreek was, het aan my vertel dat dit is wat net hulle gebeur het. Hulle kon egter nie my vraag antwoord of die inbrekers dan met gasmaskers by hul huis ingebreek het, nie. Dit was een van die legendes wat later vervang is met ander.

Burger ·

Dit laat my dink aan die CDs wat hulle by jou kamervenster brand dan raak almal binne “bewusteloos” behalwe die brander !

E.K. ·

HAha Burger en Cherokee – NET SO! As iemand ‘n cd bv brand sald it maar net stink en jou eerder wakker maak met die stank as bewusteloos maak. En die gasspuit sotrie is ook eenvan daardie “urban legends”. Selfs al so die polisie bg berig bevestig sal ek dit stseeds nie glo nie. Ek wil in elk geval g’n allerhande goedkoop parfuum ruik nie so sou iemand my nader sal ek net nee sê en klaar.

Steve Stephansen ·

Ai, ons Suid Afrikaners met die wit velle kan maar net nie met mekaar saamstem nie. Die wat wil ruik, laat hom/haar ruik. Moet net nie kla as jy iets oorgekom het nie. Dankie aan die polisie vir die waarskuwing. Dit is gebaseer op baie soorte maniere om aanvalle te loods op onskuldige mense. Laat die wat wil “ruik” lekker ruik, ons wat nie wil “ruik” nie, laat ons verder veilig wees…..

miertjie ·

Rather Save than Sorry!!!
Indien die feite van die SAPD nie gestaaf kan word nie het ons mos niks om te verloor nie.

Dirk ·

Of dit waar is of nie sal ‘n ope vraag bly. Daar is wel sulke voorvalle. Al die dossiere sal ek Dinsdag oggend aan Brig Lenard Hlati besorg.

Daar is verskei modus operandi

Vreemdes tree met die slagoffer in gesprek oor ditjoes en datjies en wen so vertroue.

Sommige beweer hulle was met goed bespuit wat hulle bedwelm het.

Ander beweer weer hulle was versoek om ‘n drankie te nuttig saam met die booswigte.

Sommige beweer hulle was gedwing om die een of ander iets te ruik of te drink.

Ander kan nie verklaar wat met hulle gebeur het nie maar sweer hulle het hulle bewussyn verloor tydens interaksie met die vreemdelinge.

Die vreemdeling takel die slagoffers in winkel sentrums, parkeer areas, buite banke of aan huis.

Hoe dit ook alsy. Die slagoffer sit op die einde van die dag met ‘n lee bankrekening of huis wat gestroop is van alle waardevolle items.

Ek is die ondersoekbeampte.

Sarah ·

Dit het met my gebeur…by Checkers in Polokwane…was besig om my kruideniers te betaal…’n ouerige nie blanke vrou het gevra of ek in parfuum sou belangstel…sy het gesê sy sal my buite kry dan kan ek die “samples”-papiertjies ruik en besluit watter ek van sou hou. Gelukkig het ek vir haar gesê ek is baie haastig en het nie parfuum nodig nie…. mens kan net mooi niemand vertrou nie.

Chris ·

‘n Vriend van my het in die tagtiger jare in ‘n hotel in Sandton moes oorslaap. Hy is ‘n joviale vriendelike mens. Hy het ingeboek, en in die dameskroeg van sy kollegas ontmoet wat vir hom gewag het. Hulle het ‘n paar biere gedrink en geloop. Hy is toe deur ‘n aanvallige, wel geklede sprekende dame “benader”. Hy is toilet toe en is terug kroeg toe en het hul gesprek hervat. Hy het op ‘n stadium sleg gevoel, homself verskoon. Sy het aangebied om toe te sien dat hy in sy kamer uitkom. Die volgende oggend is sy beursie, skoot rekenaar horlosie en geskenk wat hy vir sy vrou gekoop het skoonveld. Ek snuif en drink aan niks wat ongevraagd vir my gegee word nie.

Paul ·

Daar bestaan verskeie middels wat, indien dit gedrink word, na ‘n geruime tydperk iemand sy bewussyn kan laat verloor. Dis nie ‘n bogstorie nie. Dis ook ‘n welbekende en gedokumenteerde modus operandi van kriminele om mense te beroof of te verkrag.

Daar is egter ‘n verskil tussen om ‘n beduidende hoeveelheid van ‘n vloeistof te drink, en om net aan iets te ruik. Daar bestaan nie ‘n middel wat iemand bewusteloos kan maak as hulle net vir ‘n paar sekondes daaraan ruik nie. Sulke goed is net in James Bond flieks.

Die polisie behoort hulle te skaam dat hulle vir sulke snert val.

Arizona ·

Snaakse dinge wat nou gebeur. In my area (Bez Valley) is hier n groep mense wat rond ry in n bussie. Hulle noem hulle self die dagga gang. Hulle ry rond in ons area en roof mense wanneer jy by jou hek staan of op die sypaaitjie loop. Jeppe SAP weet van hulle. By die laaste CPF vergadering was daar 6 gevalle aangemeld van mense wat baie sleg daarvan afgekom het

danie ·

Ek is bly om te sien dat die poliesie, iemand kies om voor n boodskp te stuur op whatsapp en dan te hoop dit versprei. Dit maak vir my baie sin dat hulle so n platform kies om boodskappe van belng aan te stuur. Aan die anderkant wonder ek ook hoeveel geld die cellfoon reuse maakmet al die warskuwings wat so rond gestuur word.

Henry ·

As enige vreemdeling jou in die openbaar nader is jy maar dom om te vertrou. As dit n parker area is hardloop terug in die sentrum en vra dat sekuriteit jou vergesel na jou motor. Die papier kan reukloos wees en net gebruik word om jou nader te lok. Koop liewers parfuum binne die sentrum.

Theresa ·

Of hierdie spesifieke gespuit op papier nou waar is of nie. WIE wat dink en onthou wat in ons land aangaan snuif, ruik, drink of eet ENIGE IETS wat ‘n vreemdeling en dit nog buite jou huis, aan jou bied. Komaan. Mens is omring met baie vreemde denkrigtings deesdae – die polisie het hul hande oorvol met misdadigers. Al word die kinders en jongmense oorlaai met “wees vir dit en dat versigtig”en “moenie daar nie en moenie soontoe nie” is dit beter as wat hul voortploeter asof dit nog ‘n paradys is hier in S A. Moenie eers so naby ‘n vreemdeling kom dat jy iets in sy/haar hand kan snuif nie – dis common sense. En ja, mens hoef nie vir als en almal die heeltyd te “baie dankie”nie. Soms hoor mens dit regtig sommer heeltemal verniet gesê. Ons asseblief en dankie soms ons lewens weg. DInk daaroor.

Gerhardt Bergh ·

Eenvoudig, moet nie met vreemde mense geselsies aanknoop nie,veral as jy alleen is. Sou iemand jou nader , bly op ‘n afstand. Dra PEPPER SPRAY by jou,versigtig net vir die windrigting

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.