Polisie waarsku teen dié ‘parfuum’

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die berig is intussen bygewerk. Meer inligting volg onderaan die berig.

Die polisie in Mpumalanga het Sondag ʼn waarskuwing uitgereik dat lede van die publiek nie sommer aan ʼn papier moet ruik waarop parfuum glo gespuit is nie.

“Indien enigiemand jou in die parkeerarea van ʼn winkelsentrum voorkeer en vra of jy belangstel in parfuum en dan ʼn papier vir jou gee om aan te ruik, moet dit asseblief nie doen nie,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is ʼn nuwe bedrogspul, dit kan moontlik dwelmmiddels wees en jy kan dalk jou bewussyn verloor indien jy daaraan ruik. Die misdadigers kan jou dan moontlik ontvoer of beroof.”

Volgens Hlathi is die inligting deur ʼn senior polisiebeampte aangestuur. “Neem asseblief kennis hiervan en stel ook ander hiervan in kennis.”

Ná verskeie persone Maroela Media gekontak het dat hierdie moontlik vals inligting kan wees, het Maroela weer by brig. Hlathi aangeklop vir verdere inligting en om te bepaal of daar moontlik enige gedokumenteerde voorval in Mpumalanga was. Hy kon nie onmiddellik enige voorvalle bevestig nie maar het mense wel gewaarsku om versigtig te wees. “Ons doen ʼn beroep op persone om ten alle tye bedag te wees wanneer vreemdelinge hul nader en onbekende dienste aanbied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
Riana

Die probleem is dat ons te vriendelik probeer wees, veral ons vroue. Jy het nie nodig om met enige vreemdeling wat jou nader te praat nie! Jy het nie nodig om jou deur vir enigiemand oop te maak of enige persoonlike inligting met hulle te deel nie! Dis jou reg om onbeskof te wees veral waar jou veiligheid ter sprake is. As die voornemende aanvaller sien jy is moeilik sal hy ‘n sagter teiken gaan soek! Sê net hard en duidelik NEE! Maak lawaai as jy moet! Hardloop weg as jy moet! Hou tog net op om so nice te… Lees meer »

Johann

Gewonder wanneer begin die mense met chemiese middels om te einde hulle doel te bereik

Jaco

Daar bestaan nie ‘n substans wat jou so kan aantas nadat jy aan ‘n papier geruik het met dit op nie. Wanneer, waar en met wie het dit gebeur? R100 000 sê die persoon wat die berig versprei kan dit nie staaf nie. Goed soos hierdie behoort eers geverifieer te word voor dit in openbare en sosiale media versprei word.

Lourens JvRensburg
Ouvrou

Riana nou praat jy. Ons moet maar ‘n onbeskofte nasie word, dis al wat help. Ons word om die bos gelei deur vriendelikheid. En dis ons ondergang.